Liza Welsh

26 Julie 2010 … Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat?

In Uncategorized on Julie 26, 2010 at 21:42

Geliefdes van ons Koning Jesus Christus

Gister aand het ek ‘n uitsonderlike ontstellende droom gehad… die droom het oor ‘n tyd perk van ‘n jaar afgespeel. Die droom het behels dat beide ek en my moeder swanger raak en dat ek deur die hele kraam proses gaan, maar sonder om enigsins ‘n nuwe lewe te baar… die selfde het gebeur met my moeder. Die skaamte en die verwarring wat ek in daardie droom ervaar het, kan ek skaars vir julle verduidelik.

Met die dat ek wakker word, herinner Vader my aan die Israeliete wat uit Egipte getrek het, deur die Rooi See op droë voet geloop het en dit al die pad deur die woestyn gemaak het, net om koue voete te kry voordat hulle deur die Jordaan moes trek…

Hulle het deur die hele louterings proses gegaan, maar hulle het nie die geloof gehad om nog klein bietjie langer vas te byt om in die beloofde land in te gaan nie…. Ons lees daarvan in Numeri 14.

Vers 11 lui soos volg: “Die Here het vir Moses gesê: ‘Hoe lank sal hierdie volk my almag bly onderskat? Hoe lank sal hulle weier om op My te vertrou ten spyte van die wonders wat Ek onder hulle gedoen het?’”

Na hierdie vraag en die uitspraak van die Israeliete se straf vir hulle ongeloof, bevestig Vader dat Hy hulle wel vergewe, maar dan spreek HY ook die gevolge van die Israeliete se aksie… Hy maak dit bekend dat die wat so klein gelowig was, nooit die beloofde land sal sien nie.

Dit is juis hierdie punt wat die droom by my tuis gebring het… wat help dit ons bid en smeek God vir uitkoms, tog bly ons bekommerd en gespanne…. Trek ons dan nie God se almag in betwyfeling nie… gaan ons dan nie deur die kraam pyne net om nie geboorte te gee weens ons eie klein gelowigheid nie?

Hemel Vader… ons sing vandag vir U ‘n danklied. Ons verhef ons stemme tot die eer van ons God. Ons loof die God wat die hemel met wolke oordek en wat die aarde van reën voorsien. Hy is die almagtige wat die gras op die bergland laat uitspruit en aan diere hulle weiding besorg.

Die Here God versorg die jong kraaie wat vir kos skreeu… Hy wat die wat Hom dien op die prys stel, Hy wat die versorg wat hulle hoop op Hom stel.

Here ons loof U, ons stel ons hoop vandag slegs op U. Dit is met vrede dat ons, ons dag taak aanpak, rustig in die wete dat U vir ons sal voorsien.

Amen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: