Liza Welsh

25 Julie 2010… Die lewe gaan oor keuses

In Uncategorized on Julie 26, 2010 at 21:41

Geliefdes van ons Koning Jesus Christus

As uitgesonderde bemindes van ons Verlosser staan ons soms so sonder ‘n benul van die krag van ons Vader, na die gebreke van die wêreld en staar… ons bid en smeek maar tog veroorsaak die klip in ons bors en die skille op ons oë dat ons so baie gereeld bly bid wanneer God ons klaar Sy antwoord gegee het.

Dit is nou vir weke dat ek Vader smeek om die rebellie in ons oudste se hart stil te maak… sy staan op die drumpel van tiener wees en ek kan daagliks die stryd in hom sien woed… ja daar is die stem van seer kry deur die onkundige foute wat ons as onervare ouers gemaak het, die stem van verwerping uit sy verlede, die baie harde stem van die media wat ons strewe na gehoorsaamheid aan die Almagtige veroordeel en dan ook die stem van die Heilige Gees…

Dit was met ‘n skok dat ek vandag besef het wat soveel van die skrif wat Vader die laaste paar weke vir my gegee het, eintlik vir my probeer sê het… uiteindelik het ek soos Baltasar die skrif aand die muur verstaan….

Die lewe gaan oor keuses en terwyl ons as ouers steeds ‘n plig het om ons kinders volgens God se woord te onderrig en ons bes probeer om deur God se genade voorbeeldig te leef… maar dit bly elke jong mens se keuse na watter stem hy of sy gaan luister.

Vêrder is ek ook vandag met ‘n ander waarheid gekonfronteer… ons as ouers dink so gereeld dat ons die groot prentjie verstaan, dat jare van wysheid en ervaring ons bevoeg maak om die kinders so nou en dan bietjie te druk wanneer ons dink dat hulle slap lê… en ja terwyl dit ons plig is om hulle aan te por moet ons dood seker gaan maak dat ons hulle nie ryp druk in ‘n poging om ons onvervulde drome of menslike verwagtinge te vervul nie, maar eerder dat ons hulle gidse is op die pad wat Vader vir hulle uitgelê het en op die tyds berekening wat God vir hulle lewens vas gestel het.

Maar wat sê die Bybel oor die keuse om Jesus te volg?

In Lukas 9:57-62 is die volgende boodskap:

Eerstens, lig Christus die feit uit dat Jakkalse gate het en voëls neste, maar die Seun van die Mens het nie eens ‘n rusplek vir Sy kop nie… m.a.w. dit is nie gemaklik of maklik om te loop waar Christus geloop het nie, dis nie maklik om te doen wat Christus gedoen het nie, dit is nie glorieryk om ons Verlosser te volg nie…

Die tweede persoon wat beveel word om Christus te volg wil eers sy oorlede Vader begrawe en Christus antwoord Hom soos volg: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan jy en verkondig jy die Koninkryk van God.”

Vir so lank het die volle betekenis van hierdie vers my ontwyk… maar vannaand glo ek dat die Heilige Gees dit soos volg aan my geopenbaar het. Wanneer ons in Christus se voet spore volg moet ons bemoeienis nie op hierdie lewe en wêreld gefokus wees nie, maar eerder op die ewige lewe wat kom… dit is vir hierdie ewige lewe wat ons, ons moet beywer en waarvoor ons onsself en die wat ons tee kom moet gereed maak.

Die derde en laaste persoon wat Christus wil volg wil eers huis toe gaan om sy familie te gaan groet… maar Christus antwoord hom dat iemand wat aan hou terug kyk terwyl hy ploeg, nêrens sal kom nie…

Wanneer jy vir Christus gekies het, help dit nie om terug te kyk nie, nie na jou eie verlede nie, nie na die verlede van die wat jy in posisie gestel is om te bemoedig nie… nee, ons moet ons soos Paulus uitstrek na dit wat voor ons is, die wen paal.. die ewige lewe moet ons enigste doel voor oë wees.

Die woorde het vir my baie vertroosting verwek omdat ek daarvoor bekend is in my sirkels dat ek soms ongewone besluite neem… besluite wat dalk vergelyk kan word met die keuse wat Christus voor al drie hierdie voornemende volgelinge gestel het… keuses wat my geforseer het om soms bo die menslike grense en groeperings uit te styg en die menslike verstaan van hoe dinge behoort te wees uit te daag…en dit is die woorde wat my sal dra op dae wat ek begin ongeduldig raak in my gewag vir beloftes wat vervul moet word.. die oorde sal my moed gee om aan te hou glo…

Maar tog bring die selfde woorde ‘n dringendheid in my op om op God te vertrou en te bly bid dat Hy my kinders sal lei om ook hulle keuse vir Hom en nie teen Hom te maak nie… want elke persoon het immers ‘n keuse om hulle kruis op te neem en Hom te volg of nie…

Daar oom dan vandag se kort gebed te opsigte van die werk wat ons daagliks in ons kinders se lewens probeer doen: “Vader, mag ons kinders U grootheid verstaan, Vader en mag U ons hande werke in stand hou… ja Vader hou asb. die werk van ons hande in stand… Amen”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: