Liza Welsh

Of is dít die finale aanslag?

In Koffietyd on Junie 8, 2010 at 10:31

Uit niks en nerens kom spring hy op jou…

Genadelose MONSTER gebore uit die ontmoeting

(Die ontmoeting tussen ‘n seer verlede en
‘n nog meer onseker toekoms.)

Dis wanneer sy kloue jou aan jou keel GRYP

En hy sy slag tande hier in jou nek inslaan…

Wanneer sy gewig jou grond toe dwing sodat  jy

GIL!!!!

GIL!!!!

GIL!!!!

maar geen klank word deur jou stembande gerep nie.

Genadelose MONSTER

(gebore uit verwagting spanning en druk)

Kom vol hier op jou borskas  staan…

Die gewig van sy logge lyf  pers die laaste wind uit jou longe

Sy kloue skeur deur die been wat jou hart beskerm

Die klank van jou ribbe bene wat soos droë takkies breek

lui aanhoudend in jou ore…

En sy naels wat jou hart fisises deurboor terwyl

jou spiere versteen en jou tong te dik vir jou mond word

Weer GIL!!!!

GIL!!!!

GIL!!!!

jy  – steeds daar kom nie ‘n word uit nie!!!

elke gedagte van uit jou kop verdwyn…

Wanneer jy voel of jy nou enige oomblik gaan omkom….

En sodra jy jouslef wil oorgee in die mag van hierdie gedierte,

Dat hy verdwyn so vinnig soos hy opgedaag het

Soos mis voor die more son verdamp hy!!

Maar jy, jy sit alleen met die seer

En op jou rug kom lê die skarlaken jeuk van skaamte

En jy kruisig jouslef met die spykers van self verwyt….

Op jou as hoop lê jy snags jou wonder en lek en wonde…

gaan hy my more weer voor lê?

Gaan hy my weer net treiter?

Of is dit môre die finale aanslag?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: