Liza Welsh

die boks vol stukkies

In Uncategorized on Junie 7, 2010 at 18:35

Hemel Vader,

Vandagis weer een van daardie daggies wat ek so verwoed aan die legkaart van die lewe bou, maar dit maak nie saak hoe verwoed ek hier in die boks vol stukkies rond krap nie, ek kry net nie daardie stukkie, wat hierdie los groppies wat hier voor my lê by mekaar kan bring nie.

Maar Vader… hiervoor wil ek U dank…. Eerder as om mismoedig die stukkies rond te krap, en sug na sug uit te blaas… eerder as om die donderwolke wat so graag oor my kop hang nader te trek Vader…. Eerder as dit wile k U dank dat ek kan uit om te sien daarna om die volle prentjie, U meersterstuk te siene te kry, op U tyd.

Here dankie date k deel mag wees van hierdie proses waar U besig is om ons lewens stukkie vir stukkie aan mekaar te las. Here God… baie dankie dat ek deur U wonderbaarlike genade vrede het dat ek eerder as die drang om aan te hou rond krap vir die regte stukkie. Vader dankie dat U my gesëen het met die wete dat dit eerder beter is om net die stukkies wat U nou vir my uitgedeel het, aan mekaar las en rustig wag vir U om die nuwe stukkies uit die boks vir my te haal.

Here baie, baie dankie vir U groot genade.
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: