Liza Welsh

Waarom Here, waarom?

In Uncategorized on Junie 3, 2010 at 10:11

Die son skyn warm op jou kop soos jy ‘n see van mense voor jou sien verby stroom. Die stof laat jou nou en dan na jou asem snak. Die droë lug laat jou lipe uitdroog en jou tong is besig om in jou mond op te swel van die dors.

Die geskal van trompete en die gejuig van jou volk hou jou egter vasgenaal aan hierdie skouspel voor jou. Jy hoor die lierde en die harpe en die lof gesange van jou volk.

Jy sien die nuwe wa wat jou koning gewy het om die Goue Ark van jou God te dra. Jy sien die Heilige Ark van die Een wat oor die gerubs van die Hemel heers. Jy sien hoe die goud waarmee dit oortrek is in die oggend son glinster. Hier in jou hart weet jy dat jy deel is van ‘ n geskiedkundige gebeurtenis. Sekerlik krul daar ‘n glimlag om die mondhoeke van jou Here as Hy nou ba Sy volk kyk en sien hoe hulle Hom eer.

Jy probeer elke oomblik hiervan indrink, jy probeer dit op die tafels van jou hart en jou gedagtes in ets sodat jy dit met jou klein kinders kan deel, sodat hulle dit ook weer met hulle kinders kan deel, want hierdie dag moet vir ewig opgeteken bly!

‘n Oorverdowende gil sny deur jou gedagtes en skok jou terug tot by jou sinne… nog voor jy kon besef wat gebeur val Ussa, een van die heiligste mense in Israel van die wa wat die Ark gedra het af… daar is geen lewe in sy liggaam nie… jy kan die trane wat oor jou wange stroom nie keer nie… wat het gebeur?

Jy speel die video band in jou kop terug en jy tuur mooi na die prentjie in jou kop, en daar, daar sien jy dit! Die osse wat die wa getrek het, hulle het gestrukel, Ussa was op die wa en hy het uitgestrek en die Ark probeer vashou net vir ingeval dit sou afval.

Here maar waarom, waarom het U torn dan teen Ussa ontvlam? Hy het dan net probeer om die Ark wat aan U gewei is, U Heilige Ark te beskerm, en dan, dan tref U Hom met U toorn en dan sterf hy vir sy aksie…. Waarom Here, waarom?

_______________

Daar is so baie van ons wat ‘n mandaat van God het om projekte aan te pak en om Sy Woord uit te dra, maar dan maak ons soos David en die Israeliete, in 1 Kornieke 13, ons verontagsaam die basiese grondslag voorskrifte wat Vader vir ons neergelê het.

Die voorskrifte wat Vader vir Moses oor die Ark gegee het het aangedui dat dit op hout balke op die skouers van Sy uitverkieste Leviete gedra moes word… nie op ‘n wa nie! En op hierdie manier, as daardie voorskrif gevolg is, sou Ussa nooit op hierdie manier gesterf het nie.

Kan jy sien, hoe die eintdoel steeds bereik is… die Ark is terug gebring, God het selfs die menslike “skewe” manier van Sy wil navolg ten goede laat mee werk, maar terselfde tyd wil Hy vir ons wys dat sodra ons Sy mandaat vir ons lewens aangryp moet ons dit streng volgens Sy voorskrifte uitvoer, ander sal ons nie die volle resultaat sien nie.

Ons sien die selfde het baie jare voor hierdie insident, met Moses en Aäron ook gebeur. Ons lees daarvan in Numerie 20. Vader het vir Hom gesê dat Hy die klip moes aanspreek sodat daar water uit die klip sou kom vir die volk om te drink, maar eerder as om die klip aantespreek, slaan Moses die klip en daarvoor straf God hulle en hulle lei nie hulle volk in die beloofde land in nie… moet nie in die selfde strik trap terwyl jy die droom wat jou Skepper vir jou gegee het na volg nie… bly naby aan Sy hart met jou oor sodat jy Sy stem deurentyd kan hoor! Waak gedurig teen die druk en die misleidende stemme van uit die wêrld… hulle is daar om jou te ontspoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: