Liza Welsh

Jesaja 35

In Uncategorized on Junie 2, 2010 at 10:59

Vanoggend neem Vader my terug na ‘n belofte wat Hy laas jaar al vir my gegee het, dit kom uit Jesaja 35.

Elke wese in my glo dat die fisiese wêrld waarin ons leef ‘n maifestasie is van die geestelike wêrld wat ons nie sien nie…

Maar sonder om te veel uit te brei hieroor, wil ek vir julle vertel van waar ons bly… die plaas waar ons, ons rus vind en ons voete gevind het is bo-op ‘n onder grondse dam… so oral om ons is vlei lande en water. Daar is soveel wilde diere…

In die middag, terwyl ek my koppie koffie op die stoep drink verf Vader vir my ‘n nuwe prentjie op die horison. Die vars lug tuimel by my neus in en vul my longe en die prag van my Pa se skepping roer van voor af my hart.

Rondom ons is daar koppies, so ons bly kompleet binne in ‘n “bakkie” en al die water loop van die koppies af na die vlei. Oral in die koppies is daar fonteine. My buurman het ‘n jaar laas water moes pop, sy dam loop vol uit die fontein in die koppie langs sy huis.

Die wind hier is iets om te beleef… as hy so hard waai kan ek nie help om die duisende ruiters van God se leer by my verby te sien jag nie, oppad na die stryd, oppad om een van God se kinders te beskerm en by te staan.

Ongelukkig word die natuur skoon belemmer deur ‘n sand myn langs ons plaas en oral staan daar hope sand, wat hierdie pragtige paradys na ‘n woestyn, kopleet met duine laat lyk.Baie van die ondergrondese water syfer ook deur na waar hulle al gemyn het, en het dus al ‘n dam begin vorm.

Snags kom die jakkalse en die duikertjies tot amper op my voorstoep en saam met my koppie koffie mage k die skouspel van ‘n aarend se vlug geniet. Die fisante het my groente tuin geanekseer, en in ruil vir my goedhartigheid, kom sê hulle deesdae hallo by die sitkamer venster.

Dit is juis hierdie prentjie in my kop, hierdie prentjie van goed en kwaad, van mooi en geskaad wat ek elke dag leef, wat Vader gebruik het om my weer vandag moet in te praat:

Jy sien ons lewens lyk ook so baie soos hierdie plekkie waar ons bly. Part dele van ons lewens geniet on aardse vrede en blydskap. In hierdie areas het God ons deurdrenk met sy seen en Sy liefde, maar ander areas is nog dors en droog en daarby sal Hy nog uitkom.

Vanoggend toe ek wakker word, het ek my self weer laat vasstaar teen die woestyn, en die dors land wat sukkel om versadig te word, en so vertroos Vader my. Toe ek my Bybel oop maak, so sommer waar hy oop val gee Vader dit vir my:

“Strome water sal uit die woestyn bars: daar sal riviere loop in die droë wêrld. Die verskroeide aarde sal moeras word, dorsland waterryke wêrld. Waar daar nou net vir jakkalse lêplek is, sal gras en riet en biesies groei.” Jesaja 35:6b & 7

Mag Vader ook vandag jou roep, jou gesmeek en jou hulp krete so duidelik, so sonder twyfel vir jou antwoord!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: