Liza Welsh

Aan wie se hart gaan jy vandag raak?

In Uncategorized on Junie 1, 2010 at 09:56

Oral rondom my sien ek hierdie week en ervaar ek die verdrukking van die wat ‘n verhouding met Christus het. EN is nie seker of die verdrukking hierdie week erger is, en of God maar net my oë daarvoor oop gemaak het nie.

Dit is wanneer ons op ons mees gehoorsaamste is dat die verdrukking die ergste is… jy sien dit gebeur baie keer dat die geregtigheid in jou, die Gees van God wat in jou woon die godeloosheid in die ander, op ‘n geestelike vlak konfronteer. Dit is juis in situasies soos hierdie wat dit dan gebeur dat twee mense mekaar die heeltyd verkeerd opvryf.

Alhoewel sulke situasies soms vir ons onmoontlik voel is dit tog belangrik dat ons God se wil daarin soek en volgens Sy opdrag optree. In Matteus 9:12 word ons roeping so uitgespel:

“Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Die wat gesond is, het nie ‘n dokter nodig nie, maar die wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: Ek werwag barmhartigheid en nie offers nie. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”

So dit is ons mandaat!

Nou vra ek myself:
Moet ons dan nie eerder ophou om mekaar se leer oor hoe om ‘n verhouding met Christus te hê ophou kritiseer nie, en eerder by die uitkom wat seer, en hopeloos is en wat hulp nodig het nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: