Liza Welsh

Van, In, Uit U

In Gebede on Mei 17, 2010 at 13:40

Van sonde uit onkunde gepleeg – vergewe my.
Van sonde gebore uit selfsug – spreek my vry.
Van sonde wat groei uit vleeslike belange – sny my los.
Van sonde gepleeg in my gedagtes – mag U my verlos.

In die gesig van oorlog – gee my vertroue.
In die greep van vrees – hou my geloof behoue.
In die donker put van eie wys – lei my.
In die diep water van die dam van trane – ontferm U oor my.

Uit geleenthede gemis uit vrees – gun my nog ‘n kans.
Uit ‘n rug gebuk onder verantwoordelikheid – skenk aan my hemelse balans
Uit probleme gebore uit ongehoorsheid – dui vir my die regte pad aan
Uit woestyne deur trek, uit dowe ore – Mag U ‘n nuwe weg baan

Van liefde, onverdiend, van U gekry – mag dankbaarheid nooit kwyn
Van genade onbeskrflik groot, deur U gestort – mag my  geloof nooit verdwyn
In oasis van vrede, water uit rotse – les my oneidige dors
In graanskure vol seëninge – openbaar U heilige vors
Uit genesing van U hand – verwyder my sonde
Uit gehoorsames se medeleie – verbind my wonde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: