Liza Welsh

My hart breek as Ek so na jou kyk My kind.

In Uncategorized on Mei 3, 2010 at 18:01

My hart breek as Ek so na jou kyk My kind.
Jou lyf is bloed bevlek,
Jou bloedselle voer oorlog teen mekaar terwyl jou weerstand kwyn.
Jy word in twee geskeur deur die teenoorgestelde pole in jou bestaan.
Jy weet nie of jy links moet lief hê of regs moet hou nie.

My hart breek as Ek sien hoeveel trane jy stort My kind.
Jou asem is vervang deur ‘n vrot stank.
Geregtigheid is by die agterdeur uitgeskop en regverdigheid kruip in die donkerte weg
Jy sit vas gevang in ‘n mag stryd tussen die einste wagte wat Ek oor jou aangestel het.
Jy weet nie watter wag vir jou die heel liefste is nie, watter een beter weet nie.

My hart breek as Ek sien hoe deurmekaar jou kop is My kind.
Deur jou are borrel en bruis My bloed nie meer nie.
Jou herders het hulle rug op my gedraai en jy dra die pyn
Jy verstaan nie hoekom jou herders nie net redelik teenoor mekaar kan wees nie.
Jy weet nie hoekom hulle so oor jou tou trek nie.

My hart breek as Ek so na jou kyk My kind.
Jou pleine verdor, jou glimlag verdwyn.
Ek het jou vir hulle gegee, sodat hulle saam oor jou kan waak.
Jy sit en wag vir die bom om te bras, vir die wind om die vlam in jou binneste te blus.
Jy verstaan nie hoekom hulle aandring om jou hoop by jou te steel nie.

My hart breek as Ek sien hoeveel trane jy stort My kind.
Jou hart is besig om hard te word.
Jy is besig om vergiftig te word deur die gal wat by hulle wonde uit borrel.
Jy staan verskrik as hulle mekaar so vreedaardig aanval.
Jy verstaan nie hoekom hulle nie terug draai na hulle God nie….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: