Liza Welsh

Versorg U lamp O God!

In Uncategorized on April 20, 2010 at 14:30

Pappa God,

U Woord, die Waarheid wat ons nie kan ontken nie, is die Lamp vir ons voete op hierdie donker, nou paadjie wat ons deur die lewe loop. Maar Vader ter selfde tyd is ons, die wat U daagliks wil dien, ook die lampe wat U lig moet uit dra. Ons is gretig dat U ons sal heilig maak en dan sal gebruik om die mense rondom ons te raak en te bedien. Vader verlig ons land deur ons wat wat U hier op aarde, in die vlees verteenwoordig.

Vader daarom vra ek U vandag, veral so na die naweek is ons glasies dalk vuil en dof, of dalk is ons olie amper klaar, Vader versorg ons soos Moses vir Aäron beveel het om die lampe vir die tabernakel te versorg.

Vader vervul ons met die suiwerste olyf olie. Vader laat ons deurnag, en heeldag brand sodat ons die pad na U heiligdom kan aanwys. Vader vryf ons blink en laat ons die plek van ontmoeting tussen U en die mens verlig… mag ons lewens as stralende getuienis van U genade en U oorvloed dien. Vader laat ons lig U lof besing.

Vader mag U vandag en elke dag wat ek asem haal, my grond gebied vergroot, mag U my aanstel oor die oes wat so ryp en gereed daar buite lê. Vader mag U my vertrou om onmoetings tussen U en die mense wat so hard na U opsoek is fasiliteer. Vader hier is ek, stuur my.

Amen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: