Liza Welsh

Vandag se Worrd – 15 April 2010

In Uncategorized on April 15, 2010 at 12:59

Die Openbaring 22:8-9
“Dit is ek, Johannes, was dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieë neergeval om hom te aanbid. ‘Pas op, moenie!’ sê hy toe vir my. ‘Ek is ‘n mede dienaar van jou en van jou mede gelowiges, die profete en die wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!’ ”

OP die een of ander vlak verstaan ons almal Johannes se reaksie, want ons was al almal daar. Die Here gebruik ons mede mens om die waarheid wat ons nie altyd verstaan of raaksien nie, vir ons oop te breek. God openbaar woord aan mense rondom ons, deur sy genade, sodat Hy struikel blokke in ons lewens vir ons kan hanteer en ons kan help om dit te oor kom.

Hoeveel keer het ons dan nie begin om ‘n ongelooflike verwondering vir die persoon wat voor ons staan, te ontwikkel nie? Hoeveel keer vergeet ons nie om verby die mens te kyk en God raak te sien nie?

Die selfde geld vir die van ons wat deur genade openbaring van God af ontvang… die verantwoordelikheid lê juis by ons om heel eerste seker te maak dat ons nie die openbaring wat ons ontvang verdraai nie, vêrder is dit ook ons verantwoordelikheid om konstant die eer aan God te gee, en dit nie vir ons self te neem nie. Dit is ons verantwoordelikheid om die mense na wie God ons toe stuur te herinner om verby ons te kyk en eerder ons God en Christus raak te sien.

Efesiërs 6: 12 herinner ons dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die mag en gesag van die bose geeste in die lug. Geld die selfde dan nie vir wanneer daar ‘n oorwinning is nie? Hoe kan ons in vlees en bloed die eer aanvaar vir ‘n stryd wat in die gees, names ons, deur die Heilige Gees oorwin is?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: