Liza Welsh

Gebedsgemeenskap Nuusbrief – 4 April 2010

In Uncategorized on April 7, 2010 at 12:45

Hierdie nuusbrief is gestuur aan al die lede van die ElijahAfrica gebedsgemeenskap op 4 April. Die organiseerder van die groep kan gekontak word op prayer@elijahafrica.com

Aan al die bidders en al die heiliges
Soos julle weet, is ons in die proses om groeperings wat elkeen bid binne hulle roepings op te rig en is daar al ‘n hele klomp groepe wat opgestaan het. Nieteenstaande al die worstelings wat gewoonlik saamgaan met ‘n proses soos hierdie, is daar ook ongelooflike deurbraak en getuienisse en wonders wat uitspeel. Ek wil graag met julle deel rondom twee aspekte wat die Here aangespreek het. Ek sal nie normaalweg die fynere details van die gebedsamekomste in hierdie forum bespreek nie, maar hierdie raak almal wat Bruid is en ook in Suid Afrika woon baie direk.

Die toestand van die land

Die eerste punt gaan oor die toestand van die land, en dit wat die Here tydens die regeringsgebed gespreek het. O.a. het ‘n scenario soos dié in Maleagi afgespeel- die volk vra hoekom gebeur dinge, God sê omdat julle so maak of nie maak nie; dan vra die volk hoe so, waarop God antwoord op die en daai manier. Ek gaan die hele storie verkort en net die uiteinde deel;
God het basies gewys dat meeste van wat verkeerd gaan in Suid Afrika is a.g.v die Afrikaner, en dan ook die Afrikanerbruid wat nie hulle posisie kan opneem nie. Die Afrikaner in Afrika het ‘n apostoliese roeping. Die Europese setlaars is die groep wat die evangelie in Afrika ingebring het, en selfs onder die profete van die ander nasies word diè posisie erken. Maar omdat die Afrikaner nooit in hulle roeping opstaan nie – die meeste is te bang of te gemaklik om eers met die ander volke te meng, lei die res van Afrika se mense. En kan hulle ook nie in hulle roepings opstaan nie. En die huidige toestand van die land is tot ‘n groot mate die “spin-off” van hierdie realiteit.
Dis daarom dat ek eerstens wil vra dat julle sal bid soos gelei voel dat die Afrikaner sy roeping sal opneem ten opsigte van Afrika. Dis ‘n apostoliese roeping wat nie is om oor ander nasies te heers nie, maar ander nasies in nederigheid te bedien. Baie blanke Suid-Afrikaners retireer in vrees aan die blote denke om in ‘n swart woongebied in te gaan – na die mense na wie hulle geroep is as draers van die Evangelie en apostels. Ek sê dan ook nie dat God sê almal moet bv Mamelodi invaar nie – elkeen beweeg slegs soos die Heilige Gees dit lei. Maar ek wil graag vra dat julle dan ook sal oop wees, om onder die leiding van die Heilige Gees, die skeidsmuur wat in baie van ons se denke lê af te breek en uit te reik verby ons gemaksones na die ander volke van Afrika, om so die suurdeeg van die Here te raak.

Die stand van die Bruid
In die laaste gebedsamekomste het die Nautilus-skulp, en wiele, baie na vore gekom, dan spesifiek met die relevansie ten opsigte van tyd. Die negatiewe kant van die wiel is gelink aan die rympie; “the wheels of the bus go round and round”. Dit dui dan op die liggaam van Christus wat die heeltyd op dieselfde plek bly sit, met dieselfde probleme, en dieselfde “pet-sondes”. Baie van ons raak beter met die handtering van ons battles, maar wen nooit regtig nie.
Volgens die Jode sien God nie tyd as ‘n reguit lyn nie, maar as ‘n “spirale siklus”. En dit is gewys dat elke “siklus” bou op die voriges, en as jy nie behoorlik kan bou in een fase nie, dan kan die volgende een nie volkome tot sy reg kom nie. So dan gaan ons ma weer om die berg soos die Israeliete van ouds. Die Here het gewys dat een van die grootste tekortkoming in die siklus, en dit wat maak dat ons nie die siklus kompleet kan voltooi nie, is ‘n tekort aan heiligheid.
Die idee om vir heiligheid te bid, is ook dan skrikwekkend, want on is almal bewus van ons oortredinge. En as jy daarvoor bid, gaan jy heilig moet word.
Ook is gewys dat heiligheid is nie om reg en verkeerd te doen nie; dit is slegs die vrugte van heiligheid. Heiligheid is “to be set apart unto the Lord”. As iemand heilig is, sal al die “sondes” outomaties afval. Daar kan as voorbeeld nie pornografie wees nie, want die tyd met God is heilig. Dieselfde met selfsug, gierigheid, afgodery, “substance abuse”, ens. Jy sal ook wees waar jy moet wees en doen wat jy moet doen, want jou energie en tyd sal “set apart” aan die Here wees. As al ons tyd werklik hielig is sal ons elke oomblik gebruik om met Hom te spandeer en in Hom te groei en om Sy wil vir daai oomblik te soek – selfs al is dit net om te ontspan met Hom.
So ek vra dat julle sal bid vir heiligmaking en ook rondom wat God se plan en strategie is in die gebedsgroepe hier rondom. As ons daai fondasie kan lê, is dit een van die grootste deurbrake vir die Bruid om vorentoe te kan beweeg.
Baie dankie vir julle tyd.
Tonne seën.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: