Liza Welsh

Geskenk Lys vir Minderbevoorregte Kinders

In Gebede,Koffietyd on November 25, 2009 at 17:54

Die kindertjies wat by die Kersfees Funksie gaan wees is tussen 2 en 16 jaar oud. Hulle het elkeen ‘n briefie geskryf waarin hulle, hulle Kersfees wense verklap het. Kom ons kyk hoeveel van hierdie wense kan ons waar maak.

Daar is 36 kinders in totaal. Ons sal graag vir elkeen ‘n klein pakkie op die dag gee en dan die items hieronder vir hulle vir Kersfees Oggend bêre.

Vir die klein pakkies wat ons op die dag vir versprei het ons skryfbehoeftes nodig. Enige iets van potlode, penne, kryte, inkleur potlode, liniale, skerpmakers, uitveërs, stompneus skêrtjies ens. nodig.

Dink net aan die opgewondenheid as hulle elkeen hulle pakkie op Kersoggend kan oopmaak. Elkeen met ‘n boodskappie van liefde, sodat hulle ook Jesus se liefde op ‘n praktiese manier kan ervaar. Die items in rooi gemerk is wat al klaar deur mense belowe is.

Bou blokkies (Lego Tipe) Groot of Klein
Pop met Klere (Barbie Tipe)
Skooltas met skryfbehoeftes vir Graad 1
Brandweerwa
Quadbike met ‘n Mannetjie
Twee Driewiel Fietse (geskik vir 2 jarige kinders)
Knipmestang (Leatherman)
BB Geweer
Cowboy Hoed
Seuns Horlosie geskik vir ‘n seun van 8
Swembadjie
2 Groot Balle vir kinders van ouderdom 8
2 Pope
3 Teestelle
Legkaart geskik vir kind van 7 jaar oud
Juweelkissie
Hangertjie vir dogter van 13 jaar
Horlosie geskik vir ‘n dogter
2 Stelle met ‘n kam, ‘n borsel en ‘n spieël
Groot Teddiebeer
C.D. van Bok van Blerk
Fiets – geskik vir kind van 13 jaar
Kitaar geskik vir kind van 13 jaar
Netjiese Nr 6 Skoene vir Kerk vir ‘n seun
Kerk klere vir seun van 11 – 12 jaar
Rugsak Skooltas
Hannah Montana CD
Hannah Montana Hemp vir Dogter van 9-10 jaar
Netjiese Nr 1 Skoene vir Kerk vir ‘n dogter
Hannah Montana Stickers

Julle kan gerus vir my ‘n epos na liza_pretorius@live.com stuur sou julle self net een van hierdie items kan bydra.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: