Liza Welsh

stukkie vir stukkie

In kort verhale on November 19, 2009 at 17:21

Die wind sny deur murg en been en die verlatenheid spook by Sarah… op enige ander dag sou die skoonheid van die hoë berge die manier waarop die lug en die sneeu op die horison saam smelt haar hart geroer het… maar nie vandag nie!

Hoe het dit gebeur dat hulle so verlate in die middel van hierdie ys wildernis beland het. Dit was slegs ure van te vore wat hulle en die kinders nog by die vliegtuig se venster uitgestaar het na die wit stukkies dons wolke wat verby hulle gesweef het nie. Sy hoor nog hulle aanhoudende gegiggel en die aansteeklikheid van hulle opgewondenheid.

En nou veg haar hele gesin vir hulle lewe… hoe gaan hulle oorleef in hierdie God verlate plek? Hulle was so amper daar, so naby aan hulle eind bestemming, en nou sit hulle gestrand teen die hang van hierdie sneeu bedekte berg.

Hoe gaan sy haar kinders warm hou? Wat gaan hulle maak… en waar bly Jason so lank? Hy het kastig in die wrak gaan rond krap om te kyk of hy nie dalk ‘n plan kan maak om hulle te red nie… dis nou gerieflik… hy speel MacGyver en sy moet die kinders warm hou… dink sy ewe selfsugtig en verwytend.

Jason kom te voorskyn met ‘n rubber bootjie… wat hy daarmee beplan weet Sarah nie, al wat sy weet is dat hulle tot bo op daardie berg, daar die hotel veronderstel is om te wees, skyn moet kom voordat dit donker word en voor hulle kinders verkluim.

Versigtig sit Jason die kinders een vir een in die rubber bootjie wat Hy met soveel moeite op geblaas het. Die koue lug het sy longe so seer gebrand en hy moes hard werk om die pyn van sy gebreekte ribbebeen vir Sarah weg te steek – die laaste ding waaroor sy haar nou moet bekommer is hy… dis belangriker dat sy op die kinders en haarself fokus.

Nadat hulle die kinders warm toegevou het met die komberse en klere en lappe wat hulle in die vliegtuig kon kry, maak Jason ‘n tou aan die voorste hak van die bootjie vas… so begin hulle die moeilike tog teen die steilte van die berg uit. Hulle kan lankal nie meer hulle tone of hulle neuse voel nie en dit voel of hulle maar stadig vorder.

Vir Jason voel dit kompleet of hierdie berg hoër word by die minuut en ewe skielik is daar vreeslike swaar gewigte om sy voete vas gebind… of dalk is dit net sy moet wat in sy skoene gaan sit het. Dan begin hy dink aan die kosbare inhoud van die bootjie wat hy sleep. Die kinders doen hulle bes om stil te lê en te luister. Hy raak skoon angstig en benoud as hy dink aan die onvoorwaardelike manier waarop hulle op hom vertrou om hulle lewens te red… hulle vertrou hom meer as wat hy homself vertrou of self wat Sarah hom vertrou.

Daar is tye wat Sarah net nie meer kan nie, sy wil in mekaar sak, maar sy bly vorentoe beur… elke keer wat haar kragte wil ingee kyk sy na die vas beslote uitdrukking op Jason se gesig en dan weet sy dat sy hom nie kan teleur stel nie… sy mag nie… sy wil nie hê dat hy moet dink dat sy swakker is as hy nie… dit is die een ding wat sy haar lank al voor geneem het, nooit ooit weer sal sy op iemand anders aangewese wees nie, nooit ooit weer sal haar oorlewing van iemand anders af hang nie… sy sal vir altyd in beheer van haar lewe bly…

Teen die tyd wat Sarah weer wakker word bevind sy haarself binne in die reddings bootjie, saam met die kinders, sag kuns en knus toegevou. Voor haar sien sy hoe Jason voortbeur… sy moes flou geword het… hoe kon sy so swak wees, hoe kon sy haarself so teleurstel?

Sy roep na hom en met eens is daar ‘n sagtheid in sy oë, en ‘n klein glimlaggie van verligting, dat sy weer wakker geword het, speel om sy mondhoeke… sy sukkel om te verstaan hoekom daar soveel meer respek, liefde en sagtheid in sy oë is veral nou nadat hy haar ook nog moes versorg… vanoggend het hulle twee nog so vreeslik vasgesit en sy het gedink dat sy nooit weer hierdie liefdevolle blik in sy oê sal sien nie….

Hy stop vir ‘n oomblik, sy klim uit en spontaan omhels hulle mekaar… “Ek was so vreeslik bekommerd oor jou,” sê Jason. “Maar aan die anderkant was dit goed om te sien dat jy ook maar net ‘n mens is… ek het begin dink dat jy van yster en klip en maak is.”

Sy woorde sny soos ‘n mes deur haar hart… hoe kan die man vir wie sy so innig lief is, dink dat sy van yster en klip gemaak is, wat se prentjie het sy dan van haarself vir hom geskets?

Dis in stilte wat hulle nog vêrder loop… elkeen besig met sy eie gedagtes, maar tog is die stilte nie ongemaklik nie, daar is vir die eerste keer in maande weer ‘n gemaklikheid, ‘n intimiteit tussen hulle – iets waarna hulle albei so vreeslik verlang het…

Sarah was nog so besig met haar eie gedagtes toe Jason sieklik hier langs haar in een stort… die pyn het hom uiteindelik oorweldig…. Hy moet rus, sy liggaam is moeg en afgetakel, hy moet eers rus.

Sarah gaan sit langs hom in die sneeu. Agter hulle is die vliegtuig wrak…. Voor hulle lyk dit of daardie plekkie waarvoor hulle mik net nie wil nader kom nie… hulle moed is weereens in hulle skoene… en dis Jason wat heel eerste die moed het om hardop te sê wat hulle albei eintlik dink:

“Dis hopeloos, dit voel of ons nêrens kom nie, Sarah. Het ons die regte ding gedoen, moes ons maar nie eerder gebly het daar waar ons was nie… was die wrak wat ons agtergelaat het nie beter as hierdie wildernis nie? Hoe weet ons dat die hotel regtig daarbo op hierdie berg top is?”

Uit desperaatheid en uit moedeloosheid, begin Sarah ‘n gebed prewel… tot vandag toe kan sy nie regtig onthou wat sy presies gebid het nie… maar toe sy opkyk staan daar ‘n klein bokkie voor hulle. Dit lyk kompleet of die bokkie hulle uitnooi om haar te volg. Sonder of vêrder ‘n woord vir mekaar te sê staan Jason en Sarah op en elkeen neem ‘n stukkie tou. Saam trek hulle die bootjie met hulle kosbare kinders al agter die bokkie aan.

So spring die bokkie die berg paadjie voor hulle uit. Elke nou en dan stop die bokkie, kompleet asof om die twee van hulle kans te gee om te rus… en dan gaan hulle weer vêrder, vêrder en vêrder weg van die wrak… nader en nader aan die plekkie waarvoor hulle mik daar bo op die berg, die plekkie wat hulle nog steeds nie met ‘n oog gesien het nie.

Maar nie Jason of Sarah fokus is meer bo op die berg nie, nee hulle volg net hierdie bokkie en haar spoortjies. Hierdie kleine, weerlose bokkie wat so getrou voor hulle uit gaan. Hierdie onwaarskynlike redder wat in hulle lewens ingehuppel het.

Dit was eers toe hulle begin agter kom dat die steilte begin afplat dat hulle weer op kyk en daar voor hulle in die skemer lig staan die silhouette van hulle eind bestemming… die bokkie het hulle stukkie vir stukkie, spoortjie vir spoortjie, tree vir tree na hulle eind bestemming, na ‘n veilige plek gelei…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: