Liza Welsh

Pad Na Sion – Voorwoord

In Pad na Sion,Reeks Gedagtes on November 19, 2009 at 20:49

Wat hier volg, is deur die Heilige Gees, hoofsaaklik deur middel van die Woord van God, aan Vader se nederige dienskneg, geopenbaar. Die woorde van hierdie Openbaring is gerig aan elkeen wat so hard na Hom soek en so sukkel om Hom te vind. Hierdie is die goeie nuus oor die verhouding wat die Hemelse Bruidegom met sy Bruid wil hê:

 †      Hierdie is ‘n liefdes brief uit die Hart van die Almagtige, die een wat die sewe sterre in Sy regterhand vas hou en die Een is wat tussen die sewe lampe rondgaan.1

 †          Hierdie is ‘n uitnodiging van die Een wat die Eerste en die Laaste is, die een wat dood was en weer lewend geword het.2

 †      Hierdie is ‘n pad kaart uit die Hand van die Een wat Homself beskryf as die skerp swaar met twee sny kante.3

 †      Hierdie is ‘n belofte van die Seun van God, wie se oë soos vuur en vlam en wie se voete soos geelkoper is.4

 †      Hierdie is ‘n vertroosting van die Een wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het.5

 †      Hierdie is die deurbraak geopenbaar deur die Een wat die sleutel van Dawid besit.6

 †      Hierdie is ook die waarskuwing van die Amen, die geloofwaardige en ware getuie, Hy deur wie God alles geskep het.7

 Genade en vrede vir elkeen wat hierdie woorde lees, by Vader gaan toets en sou dit dan staande bly, dit aanneem, aanvaar en prakties toepas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: