Liza Welsh

My antwoord op die gebed van ‘n kind…

In Gebede,Koffietyd on November 17, 2009 at 09:29

Die sand korreltjies in die uurglas gemerk as 2009 is besig om baie vinnig uit te loop en oral is almal besig om gou-gou net ‘n inventaris van die jaar te neem voor hulle te verstrengel raak in Kersfees liggies en blink tinsel stringetjies.

Soos ek ook maar onwillekeurig inventaris van ‘n wasmasjien jaar waardeur my gesin en my familie is. Die onbeskryflike vrede wat God my hart mee toevou kom dan loodreg teenoor onafgehandelde besigheid staan. Die opgewondenheid en afwagting van ‘n nuwe lewe kom staan loodreg teenoor die pyn en die nood wat oral rondom my heers. My eie genesing kom staan ook loodreg teenoor die wonde van die vir wie ek so innig lief is.

En tussen dit alles deur wil ek amper soos Johannes opstandig raak omdat die rondom my soveel meer lei as ek. Johannes het opstandig geraak oor die feit dat hy nie die geleentheid gegun was om soos die ander dissipels vir sy geloof te kon sterf nie. Nee, ek wil nie sterf nie, ek weet dat my werkie hier op aarde is nog nie klaar nie, maar ek wens so gereeld dat ek die jeuk van die mensies om my namens hulle kan dra. Soms wens ek dat daar ‘n vitamien B kompleks inspuiting vir die hart se seerste eina kan wees en dat ek namens ander deur hulle pyn kan werk sodat hulle wonde kan genees.

Dis terwyl ek so voel, dat ek selfs nog hier in my gees nog meer opstandig word wanneer ek versoeke uitstuur en geleenthede wat deur ons Pappa self geskep word onder die aandag van God se geliefdes te bring – soos my Vader my beveel en nie eens een persoon die moeite kan doen om hulle oë en hulle aandag vir ‘n oomblik van hulle eie lewe en eie behoeftes af te haal en so na ‘n ander uit te reik nie.

Die Here raak al hoe meer dringend in Sy oproep aangaande ons kinders en die wees kinders wat so aan hulle eie genade oorgelaat word. Vader se hart is regtig seer oor die gebrek aan die Bruid se bereidheid om uit te reik en hierdie kinders se harte met hulle God se hart te versoen. Elkeen van ons hou ‘n bos sleutels vas, wat die deur vir soveel kinders kan oopsluit, tog is ons so besig met ander goed dat ons nie uitkom by dit wat Vader regtig in hierdie tyd van ons vra nie.

Matteus 18 vers 1-5 is tog so duidelik oor die belangrikheid van kinders in die koninkryk van God. En daar is niks meer kosbaar as die manier waarop ‘n kind sy God vertrou nie. Self het ek die voorreg om daagliks te sien hoe my twee wille perdjies op hulle God vertrou en hoe getrou hulle Hemelse Pappa vir hulle sorg.

Daar is nie iemand anders wat vir hierdie kinders kan klere gee nie, daar is nie iemand anders wat hulle oor die kinders kan ontferm terwyl jy gou-gou net eers jou Desember vakansie se finale reëlings tref nie. Dis vir jou wat God vra, wees My hande, wees My voete, wees My arms…

Ek het nie die skares met ‘n mooi gebed en honger magies huis toe gestuur nie, NEE Ek het vir hulle kos saam met die brood van die lewe bedien. Ek het nie die vrou met die bloedvloeiing vertel hoe lief Ek haar het en haar toe weer weggestuur sodat Ek met my belangrike dagtake kon voort gaan nie, NEE, Ek het haar eers genees, eers het Ek van my tyd aan haar afgestaan om na haar te luister en haar te genees… daarom beveel Ek jou my kind kom stort My liefde uit en kom wees My antwoord op die gebed van ‘n kind.

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: