Liza Welsh

Waag-om-te-Gee aan ‘n weerlose kind…

In Koffietyd on Oktober 28, 2009 at 20:37
EK het die volgende artikel op die Radio Kansel Website (http://www.radiokansel.co.za/community_DareToCare2009.html) gekry…. Kom ons Waag om bietjie van dit waarmee Pa ons so ryklik seën te gee!

 Sion sê: “Die Here het my verlaat, die Here het my vergeet.” Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in my handpalms gegraveer.
Jesaja 49: 14 – 16

Ons leef in uitdagende en moeilike tye. En diegene wat die meeste daaronder lei is die weerloses, wat hulself nie kan verdedig teen die aanslae van ons samelewing nie – die kinders. Daar is ‘n skokkende toename in die hoeveelheid kinders wat weggegooi word, verlate en weerloos gelaat teen die aanslae van die elemente – op sypaadjies, in bushaltes, stegies en publieke toilette, sommiges word bloot in verlate velde gelos of in asblikke gegooi waar hulle of sterf of aan die genade van barmhartige vreemdelinge oorgelaat word.

Die tendens is, volgens navorsing, grootliks te wyte aan twee van die sewe SACLA reuse: geweld en armoede. Radiokansel poog om in alles wat ons doen, te help om die SACLA reuse (HIV and VIGS, Geweld, Rassisme, Armoede en Werkloosheid, Seksisme, families in krisis en misdaad) onder beheer te bring en te bekamp en juis om hierdie rede

 

fokus die jaarlikse Waag-om-te-gee inisiatief op weerlose kinders en die verligting van hul moeilike omstandighede.

Die bydrae wat Radiokansel in staat is om te lewer is totaal afhanklik van jou ondersteuning as Radiokansel reisgenoot. Vir elkeen wat voel dat die Here hierdie saak op hulle hart druk wil ons vra om betrokke te raak. Dit beloop R1 500 om vir een maand in een baba se behoeftes te voorsien en R 350 per baba vir een week. Hierdie fondse word gebruik om die kinders te voorsien van babadoeke, babaklere, kos en melk formule, baby wipes, basiese medisyne, baba poeier, Sterilon en spoegdoeke. ‘n Donasie sal verkies word, omdat Radiokansel dan die fondse in grootmaat verder sou kon laat gaan. Donasies van enige bedrag is welkom en elke bietjie gaan help om die mees weerlose lede van ons samelewing ‘n regverdig kans te gee om ook een dag hulle plekkie in die son vol te staan.

Vir meer inligting kontak Christa Johnson op 012 667 0407 of per e-pos christaj@radiokansel.co.za

Sluitingsdatum vir donasies tot hierdie been van die jaarlikse Radiokansel Waag-om-te-Gee projek is die 30ste November.

Details vir donasies

Bankbesonderhede
ABSA Bank
Naam: Radio Pulpit Project 2
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 915 947 2606
Verwysing: Dare to Care

Per pos
Posbus 3436
Pretoria
0001

span>

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: