Liza Welsh

Liewe Meneer en Mevrou Sukses

In Koffietyd on Oktober 28, 2009 at 16:45

Meneer, Mevrou, die selfmoord brief op julle kind se tafel lui soos volg:

Die Billabong Pleister op my hart het al verval
En die Nike verband het my wonde al laat sweer
Die Play Station kon luister maar nie raad gee nie
En my Selfoon en MXit maatjies kon vir net so lank julle plek vol staan.
Die swart gat in my hart het my finaal ingesluk!

Meneer, Mevrou, die verklaring op die dood sertifikaat sal vir altyd die volgende beskuldigings rondslinger:

Tel maar die stukke van my hart op Mammon se altaar op,
Die oorblyfsels van my bene lê voor die tempel van jul loopbaan
My vleis is gaar gekook in die offer potte van aansien en status
My siel swerf sonder rus oor die dorre aarde
En nou versier my grafsteen julle paleis in die grand security complex!

Meneer, Mevrou… hierdie was jul kind se laaste wens:

Verander julle fokus
Gaan pleit by ander ouers
Liefde en kwaliteit tyd bo geld en geskenke
Gee vir julle kinders die goeie nuus van ‘n God wat lief het en vergewe
Hou hulle vas, sê vir hulle goeie nag;
Kyk, luister, luister kyk, breek af Mammon se altaar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: