Liza Welsh

In die traffic light se skaduwee

In Koffietyd on Oktober 27, 2009 at 16:04

In die traffic light se skaduwee kruip jy weg vir die warm son.
Jou hart verlang na jou draad kar by die huis
en jou magie grom al.
Jy kan nie een voet links of regs staan dan trap die karre jou.

Jou mondjie water vir daai vet, bles oom se pie
Oom Bongi se yskoue Fanta in sy koeler boks lyk so lekker,
Maar die geldjies in mamma se blikkie moet eers julle taxi betaal;
dan mamma se medisyne by die bottle store koop voor daar geld is vir meel en melk.

Terwyl My hart vir jou breek,
vloek oom diaken
in sy blink BMW jou ma
omdat sy ‘n geldjie vra.

Terwyl My trane oor jou onophoudelik vloei
swets tannie basaar
so oor die reën en die verkeer
dat sy jou ignoreer

Terwyl My hart so seer kry oor jou
gaan My dienaars
jou een vir een verby
elkeen te besig om te bid oor hulle eie finansiële pyn.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: