Liza Welsh

Die tyd is nog nie reg nie… maar dit kom gou.

In Koffietyd on Oktober 27, 2009 at 15:59

Op jou ma se rug sit jy hulpeloos vasgekeer deur ‘n sagte kombers wat styf om jul albei se lyfies span. Die son vel op jou koppie neer, die strale maak jy velletjie al klaar so broos, nog donkerder. Jou armpies, beentjies, jou liggaampie het Ek so sorgvuldig aanmekaar geweef, maar teen die tyd voel jy al seker oud van die eina, jou gewrigte so styf, My tempel so seer!

Ek sien jou my kind, Ek het jou gemaak, jou op jou naam geroep. Hierdie trane wat Ek stort is elkeen vir jou, My hart lê aan skerwe hier in gekruisigde My hande waar Ek langs jou staan. Vir jou sal ek kom haal, vir jou sal Ek die onreg weer omdraai, vir jou sal Ek wat God is persoonlik ‘n toekoms bou. Die tyd is nog nie reg nie… maar dit kom gou. Tot dan toe is Ek die middag briesie wat bietjie verligting bring. Persoonlik hou Ek wag by jou bedjie in die township waar jy en jou mamma en in julle Makoko bly. Persoonlik dra ek die taxi wat julle in die oggend by Mamma se bedel punt aflaai.

 Jou doek word op die straat hoek geruil, so sonder water, wet wipes, sagte boudjie salf of poeier. Jou magie skreeu van die honger, jou keëltjies trek toe van die dors. Jy huil nie meer nie, jy kla nie, want ten minste het Mamma jou nie op ‘n vullis oop gedump nie. Jou sig word deur die konstante gestaar na agterkant van jou moeder se kop belemmer. Jou groei word vertraag, versteur.

Maar vir jou my liefste kleine skepseltjie het Ek ‘n groot plan! Hierdie trane wat Ek stort is elkeen vir jou, My hart lê aan skerwe hier in My hande waar Ek langs jou staan. Vir jou sal Ek kom haal, vir jou sal Ek die onreg weer omdraai, vir jou sal Ek wat God is persoonlik ‘n toekoms bou. Die tyd is nog nie reg nie… maar dit kom gou.

  1. Jou blog laat my dink aan ‘n song van ‘n vriend wat ek eenkeer gehoor het getiteld “Drinking tee with the Man from Galilee…”

    (Amo 4:12) Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel—maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!

  2. Hi Johannes,
    Baie dankie vir jou kommentaar. Ek wardeer dit opreg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: