Liza Welsh

6 Oktober 2009

In Gebede on Oktober 6, 2009 at 11:48

Hemelse Vader, God van onbeskryflike genade en vrede en liefde. God wat met geregtigheid en regverdigheid regeer en Sy kinders van hulle verdrukking red, Mag U Naam op aarde en in die Hemel Geheilig word tot die einde van dae!!!

Dankie Here vir die magdom deurbrake wat U tussen 21 September en vandag vir ons geopenbaar het. Oral om ons val daar soveel mure om wat die weg baan vir ons om in die beloofde land in te gaan dat dit ons verstand te bowe gaan en ons harte oorweldig!!
Here dankie vir die sagte groen gras waar U ons hierdie vakansie laat rus het, en dankie Here dat ons in die stik donker van die nag U teenwoordigheid kon indrink. Here dankie vir die hoop wat soos die nuwe lente blaartjies oral hulle koppies begin uitsteek en dankie Pappa vir die liefde en vrede wat U so sonder verdienste oor ons uitstort terwyl ons in ons menslike gebrokenheid, met soveel skuld voor U kom kniel.

Vader mag ons soos ons die eerste opbrengs van die grond van ons beloofde land begin geniet, nie vergeet van U versorging in die woestyn nie, mag die getrouheid van die Manna waarmee U ons gevoed het nie by ons koppe en harte uit waai nie en mag ons belonging nie groter en belangriker vir ons word as ons God nie. Mag ons in nederigheid steeds elke dag na U stem luister en mag ons op U bly vertrou soos ons, ons beloofde land stad vir stad, geveg vir geveg oorwin.
Mag U dit by ons inskerp dat ons nie die Jerigo uit ons eie krag of toedoen oorwin het nie, en mag ons nie die pad wat U besig is om vir ons gelyk te maak as vanselfsprekend te aanvaar nie. Vader mag ons moet ook nie gebreek word deur die swak plekkies in ons nuwe pad wat die lente reëns blootgelê het nie, mag ons eerder met moed en deursettings vermoë die swak plekkies versterk en so ons verhouding met U versterk.

Vader dankie vir beloftes vervul, en nuwe beloftes gemaak. Dankie Here vir die voorreg om U beloftes te mag staan en so onsself te mag herinner aan die eindpaal wat U vir ons gewys het. Here dankie vir die genade wat U teenoor ons bewys en Vader dankie dat U ons ore oopmaak sodat ons U stem kan hoor en so ons kennis en insig by die voet stoel van die Regverdige Regter, die engiste Ware God kan kom haal.

Vader verhoed ons daarvan om ons eie menslike begeertes af te maak as die wil van God, net omdat ons in ‘n intieme verhouding met die Hemelse Vader staan. Vader weerhou ons daarvan om trots te wees op ons geestelike gawes en Vader bewaar ons daarvan om die klem op ons self te plaas eerder as om die klem van ons lewens doel op U te plaas.

Here God sit is so maklik om verstrengel te raak in die eie ek terwyl ons, ons skeppings doel najaag, en as ons eers ons oë van U afgehaal het, en eerder op ons doel en posisie begin fokus, dan struikel ons so verskriklik baie Here en dis dan wat ons, ons nerwe afval. Vader fokus eerder ons oë op U en verseker so dat ons U sal vertrou om ons te lei tot in ons posisie, en op hierdie manier sal U ons voete maak soos die van die ribbok Here en so sal ons op hoë plekke veilig kan loop!

Pappa Vader ek wil saam met die Psalm digter in Psalm 124 juig:
“As die Here ons nie gehelp het nie, dit moet Israel bely, as die Here ons nie gehelp het toe mense ons aangeval het nie, dan het hulle ons verslind toe hulle woede teen ons ontvlam het; dan het die waters ons weggespoel en die vloed ons oorweldig; dan het die skuimende waters ons oorweldig. Aan die Here kom die lof toe: Hy het nie toegelaat dat ons hulle prooi word nie. Ons is bevry soos ‘n voël uit die wip van ‘m voëlvanger; die wip het gebreek en ons was vry! Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.”
Amen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: