Liza Welsh

Ek sal nie gaan voor U my nie Seën

In Gebede on September 21, 2009 at 11:18

Pappa

Ons staan weer vandag hier in die Jabok Rivier soos Jakob (Genesis 33:23-32), hierdie rivier moet ek vandag nog deur… Vader aan die anderkant lê die beloftes, die seëninge wat U vir ons het, maar eers moet ek hierdie rivier deur.

Vader kom ontmoet my, kom wys my wat ek moet verander, laat my U aangesig aanskou Vader, ek sal en kan nie ophou voordat U my nie geseën het nie, nie voor U my naam verander het nie, Vader kom en ontmoet Vader hier waar ek voor U staan.

Vader kom oortuig my van dit wat my verhinder om nog vêrder te gaan en nog nader aan U te groei. Vader kom way vir my watter deel van my lewe nog nie aan U behoort nie. Vader ek sal nie van hierdie plek af weg gaan voor U nie met my kom praat het nie.

Die beloftes wat U aan my gegee het is wonderlik, die pad wat ons stap is intiem, maar tussen ons staan daar nog goed wat my keer om nog vêrder in oorgawe vir U te leef, Vader kom wys my wat daardie goed is sodat ons dit wortel en tak kan uit roei.

–          Deuteronomium 11:19 Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat, as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Skryf dit op jou deur kosyne en op jou stadspoorte. Dan sal julle, julle nageslag lank, ja so lank as die hemel en die aarde bestaan, bly woon in die land wat die Here met ‘n eed beloof het o aan julle voorvaders te gee.

Here ek belowe om hierdie instruksie na te volg met meer en meer volharding en oorgawe uit te voer. Vader seën my met die insig, die wysheid en die liefde om die onverganklike saad met sukses in my kinders se harte te saai.

Vader hiermee wei ek ook ons hele plaas, elke stukkie gras en grond aan U my God. Op hierdie plaas sal niks geplant of gesaai word sonder U instruksie nie, hier sal niks geoes word sonder U toestemming nie, Here. Elke mens en dier wat hierdie grond betree is onderworpe aan U wil Here. Hierdie plaas is U grondgebied. Hier heers net U en hier mag net U wil geskied. Mag elkeen wat hierdie grondgebied sonder die nodige respek hanteer, besef dat U God is, dat U sovereign is, en dat U in beheer is.

Vader trek ‘n laer om hierdie grond, laat U Gerubs ons hekke bewaar en U engele ‘n muur van vuur rondom ons bou. Vader verhinder die wat so on geregtelik probeer gebruik maak van hierdie grond wat aan U gewei is, om vêrder buit uit U skatkis te probeer haal.

Vader mag daar weer op U tyd, soos U aan ons beloof het, weer vee in die kampe wei en oeste op die lande wees, en mag elke stukkie van hierdie grondgebied slegs tot eer van U naam gebruik word.

–          Deuteronomium 31:7 “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het o aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Vader, ek verstaan nou hierdie konstante drang om onafgehandelde besigheid af te handel. Vader Woensdag is die dag wat ons teen die eerste ‘volk’ in ons beloofde land sal tee kom. Vader trek voor ons uit, wys vir ons die pad soos ‘n vuur kolom in de nag en ‘n wolk kolom in die dag. Vader God, hemelse Koning ons sal nie langer terug staan nie, ons sal ons land in besit neem, alleenlik in U Naam en tot eer van U Naam.

Here ek wil ook vandag soos Gideon ‘n wol vliesie voor U op die grond kom neersit. Vader  die pad wat U sever met ons gestap het, vertel van menige wonderdade en Here partykeer voel dit of hierdie pad te goed is om waar te wees. Partykeer kyk ek weer en weer na die brief van my aardse pappa wat my teen die val en die seerkry en swaarkry wanneer hierdie droom wêreld soos Hy dit noem inmekaar gaan stort. Here daarom gooi ek my vliesie voor U voete, soos U my uitgenooi het om te doen in Rigters 6: 36-37.

Vader moet asseblief nie vir my kwaad wees nie, en moet asseblief dit nie teen my hou dat ek weer vir bevestiging vra nie. Vader U weet dat ek van die begin af op U vertrou het om die eerste afspraak met die dokter op U tyd, by die dokter wat U gekies het vir my moontlik te maak. Vader daardie afspraak is more, en ek en U weet dat die fondse vir daardie afspraak nie tans vir my en Ross beskikbaar is nie en daarom Here smeek ek U, as ek myself nie in ‘n droom wêreld van ontkenning toegespin het nie, en as ek regtig besig is om my lewe volgens U wil in terig deur na U stem te luister, en as ek waarlik besig is om in my skeppings doel op te staan en in posisie te kom, dan wil ek vra Here dat U die nodige fondse vir more se afspraak vir ons sal beskikbaar maak sonder dat ons ‘n ander vir daardie fondse hoef te vra. Here mag dit so volgens U Wil en slegs tot eer van U Heilige Naam gebeur.

Vader  laat ons as gesin bymekaar kom om die etenstafel vanaand soos die Israeliete by Mispa bymekaar gekom het. Laat ons weer ons self as eenheid voor U teenwoordigheid buig. Vader laat ons openlik ons harts begeertes aan U bekend maak sodat die wie se ore nog toe is sal kan hoor en die wat nog nie verstaan tot insig sal kan kom. Vader laat U ons dan seën soos U die Israeliete geseën het deur hulle uit die mag van die Filistyne te red. En Vader gee dat ons ook nooit sal vergeet dat U ons tot nou toe nog elke dag gehelp het, gedra het en lief gehad het.

Dankie Here, uit 2 Samuel 7 seën U my deur vir my te belowe dat nes U vir David rus van sy vyande gegee het, U vir ons ook weer rus sal gee, sodat ons hier waar ons woon, hierdie grond waar U ons wil hê, sodat ons hier vir U ‘n vesting kan bou wat deel sal vorm van die skeppings droom wat U vir hierdie Familie het. Dankie Here vir  die herbevestiging van U beloftes in vir die hoop wat daarin lê.

Vader seën my nou, gee vir my, my geestelike naam, die naam waarby U my geroep het my God, verander my naam soos U jakob se naam by die Jabbok verander het, seën my so deur my ook by my nuwe naam te roep! Ek wag in U teenwoordigheid Here vir my nuwe naam.

Amen!

  1. I usually don’t post on Blogs but ya forced me to, great info.. excellent! … I’ll add a backlink and bookmark your site.

  2. Hey, great blog…but I don’t understand how to add your site in my rss reader. Can you Help me, please🙂

  3. @Tnelson: Thank you so much for the feed back. I will really appreciate the back link.

    @Bil Bartman: Hi Bill when you click on RSS, it opens a page that has an option where you can subscribe to the RSS Feed. What reader are you using?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: