Liza Welsh

Hou jou Kastaiings uit die Vuur: Inleiding

In Hou jou kastaiings uit die Vuur,Reeks Gedagtes on September 15, 2009 at 13:29

Soos die tyd aanstap en soos die Here my genadig genoeg is om my nader en nader na Hom te trek raak en al hoe meer bewus van die waarhede wat mense met my probeer deel het, maar wat ek te blind was om te sien en te doof was om te hoor of dood gewoon nie verstaan het nie.

Die pad wat die Here tans met my stap is ‘n morsige pad, ‘n wasmasjien pad, ‘n kastaiings uit die vuur krap pad. Hierdie pad maak ‘n dringendheid in my wakker om daardie waarhede wat ek mis gekyk het en geïgnoreer het by my kinders en ander kinders in te skerp.

Ek kyk na die letsels op my hart, op my lewensmaat se hart, my ouers se harte en my kinders se harte en dan kom ek agter dat ons maar versigtig met die gang van die lewe moet werk, want die lewe is vol skerp punte.

Die silver lyntjie wat my troos is dat die Here my genadiglik genoeg nog altyd in die regte koers gehou het, al het ek ‘n ompad gevat. Dit troos my om te weet dat die Here my op elke afdraai paadjie kom soek het en my maar weer in die regte rigting gepoint het.

Elkeen se pad met die Here is ‘n persoonlike reis en nie een se pad is die selfde nie, maar daar is tog waarhede waarteen ‘n mens nie kan sty nie, waarhede wat in die Skrif opgesluit is en wat die Here op hierdie pad saam met ons te loop vir ons oop sluit.

Dit is vir my gepas dat die Here my lei om hierdie reeks gedagtes met julle te del na die Gideon reeks omdat dit juis die openbaring van hierdie gedagtes en die toepassing van God se waarheid is wat ons sal lei om nie soos Gideon terug te sak nie, maar om eerder the volhard as Stryders vir die Waarheid.

Share
Email

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: