Liza Welsh

Gideon – Deel 6

In Koffietyd on Augustus 30, 2009 at 21:54

Teks Rigters 6:32 – 40
Rigter 6 vanaf vers 32 vertel vir ons eers van Gideon se nuwe identiteit. Die verwysing na Gideon se nuwe naam herinner ons aan die feit dat as ons besluit om die Here heelhartig te volg dat dit nie net ‘n oppervlakkige besluit is nie, ons identiteit moet verander. Ons moet ons God gemaakte identiteit aanneem eerder as om aan ons ou wêreldse identiteit vas te klou, voor ons Sy skepping droom vir ons kan verwesenlik.
Ons God gemaakte identiteit is so spesiaal, dit is in ons gees ingeweef. Dit is ‘n identiteit wat ons as ouers oor ons kinders moet spreek. Ons moet God se plan vir hulle lewens in hulle geeste inspreek op ‘n daaglikse basis. Ons moet ‘n gewoonte daarvan maak om hulle en ons huise en almal wie ons teëkom te seën soos die Here ons in Sy woord beveel om te doen.
God beveel ons, of jy sit en of jy staan, waar jy ok al gaan, vra dat die Here jou seën!

Dit is nooit te vroeg of te laat om ons kinders te begin seën nie. Van die tyd wat ons kinders in ons baarmoeder toegevou is kan ons hulle seën tot die dag wat ons, ons laaste asem uitblaas moet ons aanhou om hulle te seën. Dit is die eerste stap om hulle te lei om ook hulle skeppings doel te bereik.

Vêrder lees ons vanaf vers 33 van al die manskappe wat Gideon begin bymekaar maak het. Dit is belangrik om ‘n nota te maak van die deel in vers 34 waar die skrif vir ons sê dat Gideon deur die Gees van die Here vervul is. Dit is belangrik dat ons sal seker maak dat ons leiers Gee vervulde mense is en dat die van ons wat as leiers optree, dat ons ook deur die Gees vervul is. Sou dit nie die geval wees nie, kan ons maklik op ‘n dwaal spoor gelei word of ander op ‘n dwaal spoor lei.

Nadat Gideon boodskapper uitgestuur het, nadat hy die eerste saad van sy oes gesaai het, het hy net weer by die Here gaan seker maak dat Hy op die regte pad is. Hy doen dit twee keer. En elke keer bevestig die Here sy roeping vir Hom.
Dit is belangrik om ook ‘n nota te maak van die feit dat Gideon nie sy taak gekry het en dan op sy eie die taak probeer verrig nie, NEE, hy gaan elke keer terug na die Here toe, hy bly na aan die Here om seker te maak dat hy nie sy eie selfsugtige belange hoër op die prys stel as God se Wil nie.

Gideon besef die las van sy verantwoordelikheid, en daarom maak hy eerder herhaaldelik seker dat hy die Here se stem reg gehoor het. Die skrif is baie duidelik, dit sê telkemale vir ons dat ons niks van God se woord moet weglaat of moet by voeg nie, ons moet dit oordra soos dit vir ons gegee word en die selfde geld vir die take wat Hy ons gee. Ons kan nie net op ons eie aangaan en dan Sy seën op ons hande werk wil afbid nie, nee ons moet ons streng by sy voorskrifte hou en so sy wil laat geskied.

Dit is ook belangrik om durendheid op te let dat Gideon nooit in hierdie tyd sy nederigheid prys gee nie. Hy hou hom nederig voor die Here. Hy vra om verskoning omdat hy herhaaldelik vir bevestiging vra. Gideon respekteer God se outoriteit en verstaan die verantwoordelikheid wat daar op sy skouers lê. Maar Gideon weet ook dat Hy dit nie in sy eie krag te doen nie, omdat dit die Here is wat hom gestuur het.

Ons noem onsself so maklik Christene en ons vertel so maklik dat die Here ons geroep het, maar terwyl ons God verteenwoordig, is ons besig met Sy Wil of ons eie agendas? Waarmee hou jy jou besig in die naam van die Here, is jy besig met Sy dinge of jou dinge? Het jy vrede oor dit waarmee jy besig is, het jy al met Hom gaan praat oor jou besige skedule, het jy Hom al gevra om jou dag vir jou te beplan? Is jy bereid om jou besige skedule wat jy so trots probeer balanseer voor Sy voete te gaan neerlê, sodat jy Hom op Sy tyd en nie op jou tyd kan ontmoet nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: