Liza Welsh

In U naam is ek Vrou!

In Koffietyd on Augustus 25, 2009 at 11:18

Niemand van ons hou daarvan om te verdwaal nie, dit laat jou hulpeloos en eensaam voel. Ek is sommer ook heeel op my perdjie as ek verdwaal, so effe onvriendelik en geafronteer. Maar die heel gerste verdwaal is wanneer jy jouself verloor, wanneer jy so erg verdwaal dat jy nie meer weet wie jy is nie.

Die Here het my daar op verdwaal se voorstoep en by verlore se agterdeur gaan haal. Hy het my op sy sloot getel en vir my vertel wie Hy my gemaak het om te wees.

In U naam is ek Vrou

Vader God,
In U naam is VROU,
Sag, eenvoudig – ‘n bloeisel
Fris en vars op ‘n lente oggend.

Mag my sagte blare ander aanraak,
Mag hulle in onvoorwaardelike liefde toegevou word.
Mag nektar van soete vrede oor hulle siele drup.
Mag die lente dou wonde genees,
Mag my vrug vreugde bring.

Mag U my seën om ‘n boom van goeie vrug te wees:
goedhartig en vriendelik;
selfbeheers en nederig.
Mag ek uitstaan soos ‘n roos tussen dorings;
‘n Veld blom wat groei tot U eer,
‘n Stukkie kleur tussen dorre gras.

Vader laat my saad seur U Gees versprei,
Verwek vir my, my beloofte nageslag.
Laat die kelk van my lelie in die skemer gloei,
Laat my lewe die pad na die voorhangsel verlig.

Laat my die rok van U Bruid versier,
Laat my die Hemelse Bruidegom sien
Verheug U oor my, lei my gees
Laat my in Waarheid tot U bid.

EK sien my roos knoppie saggies oopvou:
weerhou die roes van bitterheid,
die wurms van woede en haat van my hart.
Vou my blare sagkuns oop,
seën my met ontvanlikheid vir U Woord.
Herhinder my om altyd eers stil we stil te luister.

Die blomme van die veld skreeu nie.
Hulle maak nie hulle stemme duk nie.
Hulle swaaiheen en weer in die wind,
op maat van die lied wat U vir hulle sing.
Hulle hou nie op blom as die gras hulle prag veroordeel nie,
Hulle sit nie stil as hulle dans bespot word nie!

In U naam is ek geroep as knap vrou,
MEER werd as edelstene
STEUN pilaar vir my man en kinders,
Ek bring VOORDEEL en GUNS vir my huis,
Mag ek praat met U wysheid
Mag ek omgaan en lei met LIEFDE.

Vader God,
In U naam is VROU,
Sag, eenvoudig – ‘n bloeisel
Fris en vars op ‘n lente oggend.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: