Liza Welsh

Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees.

In Koffietyd on Augustus 17, 2009 at 15:39

Hemelse Vader baie dankie Here vir ‘n wonderlike naweek en ‘n week wat met soveel hoop en potential gevul is. Here baie dankie vir elke nuwe dag en vir elke nuwe uitdaging wat oor ons pad mag kom.

Here hier waar ek sit borrel my Gees al weer, nog steeds, al die pad, aanhoudend… eintlik is dit makliker om te sê my gees kook oor, en ek kan nie die plaat afdraai nie, en ek wil ook nie. Elke dag openbaar U meer van U self aan my, gee U meer beloftes, kom U nog en nog en nog beloftes na… Here daarvoor prys en loof en dank ons U elke dag, heel dag, sonder ophou!

Here, een van die grootste seëninge wat oor ons pad gebring het, was dat ek so naby aan Izán se dood so onverwags, against all odds, swanger geraak het. Die tweede wonderwerk is dat hierdie genade gawe uit U hand to so naby aan Izán se verjaardag gebore sal word. Baie dankie Here vir die voorreg om hierdie nuwe mensie al vir amper 20 weke hier by my te kan hê, en Here seën asb. Die oorblywende paar weke, bewaar hierdie mensie wat so ‘n groot werk op hierdie aarde het.

Here, as ouers het ons so ‘n groot verantwoordelikheid wat op ons rus… Vader gee dat ek getrou aan U woord ons kinders sal voorberei vir die taak wat U volgens elkeen se skeppings doel vir hulle lank voor die grondlegging van die aarde uitgemeet het.

Here, Keenan se werkie is om mense se lewens te raak, om ‘n lig in ander se lewens te wees. Sy drang om in die kollig te wees om ander se aandag te trek is nodig, hy is die lamp wat U op die heuwel wil sit, en ons moet hom leer om sy vermoë om mense so vinnig op te som tot U eer te gebruik, eerder as om dit te gebruik om mense te manipuleer. Vader gee ons die wysheid en die insig om hierdie spesiale mensie volgens U wil groot te maak. Vader gee ons die vermoë om te onthou dat hy onthou wil word en dat hy smag na erkenning, Vader help ons om aan hom en al ons ander kinder en ook teenoor mekaar onvoorwaardelike liefde te bewys.

Here, Connel is so anders. Hy kom maklik as hardkoppig en balhorig voor, maar as ons dieper kyk sien ons ‘n seuntjie wat self dinge wil uit redeneer, ‘n seuntjie wat nie sommer alles as vanselfsprekend wil aanvaar nie. Sy persoonlikheid is sterk en sy idees soms buite die boks. Een van sy werkies hier op aarde is om ons menslike konstrukte hier in ons koppe te kom uitdaag en dit te kom afbreek sodat ons eerder vêrder sal soek na dit wat God sê, eerder as net dit wat tradisie sê. Vader help ons om nie sy gees te vertrap net omdat sy sterk wil bietjie meer geduld vereis nie. Help ons om hom sag kuns reg van verkeerd te leer en hom met liefde te hanteer.

 Die nuwe Baba se werkie het baie met hoop en genesing te doen, die dag toe ek gedoop is, nog voor ek geweet het dat ek swanger is het U van die Juweel van die Nyl gepraat, een wat vry maak soos Moses, ‘n geskenk van U af, een wat soos ‘n stroom van liefde oor die mense in haar lewe gaan vloei, een wat weer mense se geloof sal herstel. Vader die afwagting is groot en die finansiële eise baie, ons is slegs van U genade afhanklik, en daarvoor prys ons U met alles wat ons het. Vader lei ons terwyl ons hierdie klein mensie se naam kies, maak ons ore oop sodat ons haar die naam kan gee wat U vir haar bestem het.

Amen.

Jeremia 30: 1 – 24

  1. Sjoe, jou opskrif is een van my gunsteling verse!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: