Liza Welsh

Uitreik Aksies

“Moet ek gaan met leë hande, moet Ek so my Heer ontmoet? Nooit eers een keer vir Hom gewerk nie. Niks eers te offer aan Jesus se voet!”

Die woord van die Here wat deur genade aan Sy nederige dienaar gegee is, is Jesaja 49. Die opskrif van die hoofstuk is; Ek maak jou die lig van die nasies. Die Gees het die woord oop gebreek ten opsigte van die feit dat ons vêrder moet kyk en bid as ons eie nietige situasies.

Die bose is so besig om ons op ons eie probleme te laat fokus dat ons nie meer die groter prentjie rondom ons raak sien nie. Maar deur genade het Pappa hierdie naweek vir my al die stukkies restourasie werk wat Hy in mense om my se lewens en ook in my eie lewe en die lewe van my gesin verrig uit te wys. Op hierdie manier word ons lewens ‘n prototipe vir dit wat Vader in ons and en in die wêreld wil doen en gaan doen.

Elke gesin, en elke mensie wat ek tee kom word soos die stukkie muur wat elke Inwoner van Jerusalem voor sy eie huis gebou het, en op die ou einde van die dag was daar weer ‘n sterk, ondeurdringbare muur om die stad Jerusalem, om sy inwoners te beskerm.

Tans is Vader besig om die barste oop te kap, van die ou pleister ontslae te raak sodat dit weer opgevul en versterk kan word. Hierdie is nie ‘n lekker proses nie. Dit veroorsaak dat ons naak en met gapende wonde voor ons God en voor ons mede mens te staan kom. Jy word ewe skielik met ou wonde en seer gekonfronteer, en dit frustreer jou dalk, maar vra dat Pappa jou oë sal oop maak sodat jy verby die pyn kan kyk en kan sien hoe Hy jou slyp om die skerpste pyl in Sy pylkoker te wees, let op hoe Hy Sy mag deur jou bekend wil maak. Jubel, al word jy verwerp en verdruk want die Heilige van Israel het jou uitverkies om die lig vir die nasies te wees!

Ons is tans in die proses om ‘n NPO te stig wat die verspreiding van ondersteuning vir ons vrskillende projekte te reguleer. Indien jy meer inligting oor die projekte wil lees, kan jy gerus http://www.treeoflifesa.com gaan besoek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.