Liza Welsh

Posts Tagged ‘vrede’

Vandag se Woord – 14 April 2010

In Uncategorized on April 14, 2010 at 10:11

Die afgelope twee dae was vir my so ‘n soet suur affêre… die 12de April was dit presies een jaar terug van die dag dat ek my broer vir die laaste keer lewend gesien het, hom kon vas hou, hom fisies hier langs my kon voel… die 13de April was ook die eerste dag van hierdie nuwe reis wat ek saam met Vader aangepak het, en terwyl dit ‘n ongelooflike reis is vol nuwe skatte om te ontdek en nuwe water strome om te besoek, is dit ook ‘n lang reis, soms ‘n seer reis, ‘n reis wat my so vêr van my aardse ours verwyder het. Hierdie verwydering is een van die grootste sambokke waarmee die duiwel my gereeld slaan wanneer ek te hard, deur God se genade, op sy tone trap, hierdie verwydering is die een ding wat soms nog by my in die nag kom spook… dit is hierdie verwydering wat dreig om trane in my oë te laat op bou elke keer as ek hulle klein dogter vas hou, ‘n klein dogter wat elke dag groter word, sonder dat sy al een keer haar oupa of ouma se liefdevolle aanraking gevoel het. Dit is ook hierdie verwydering wat soms ‘n vuur van opstand teen my God hier binne my aanwakker omdat ek weet dat die verwydering en die oplossing vir hierdie verwydering in Sy hand lê, en ek weet dat my tyd nie Sy tyd is nie, en ek weet dat Sy plan beter is as myne… maar hierdie wete vat op geen punt die pyn van my hart weg nie.

En so met hierdie mengelmoes van opgewondenheid, maar meer en deels neerslagtigheid het ek gisteraand gaan slaap. My kop het ek op my kussing neergelê en tot nou toe weet ek nie of ek so verwoed in my gedagtes gebid het, en of dit sommer hard op was nie… maar groot was my verbasing toe ek wakker word vanoggend en ek besef dat ek in my slaap oorgeslaan het van ‘n smeek gebed na ‘n jubel gebed… ‘n lof sang vir my groot en almagtige Vader. Ek het letterlik in my slaap gebid, konstant, aanhoudend, of nee die Gees het eerder namens my, maar ook deur my, vir my by my Vader ingetree.

Maar nie net het ek wakker geword met ‘n gejubel en ‘n gejuig in my hart nie. Deur genade het ek wakker geword met ‘n verstaan van Jesus se oorwinning oor die wêreld waarin ons, ons bevind.

In Johannes 16: 33 praat Jesus met sy dissipels en sê hy vir hulle “Dit sê ek vir julle , sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Dit is eers wanneer ons hierdie oorwinning verstaan dat ons ophou om ons blind te staar teen die lyding wat ons in hierdie wêreld beleef. Dit is ook wanneer ons hierdie oorwinning begin aanvaar en ons eie maak dat dit vir ons moontlik is om te midde van ons stryd en pyn en ‘n gebrekkige bestaan op hierdie aarde werklik ons God, met blydskap te vereer.

Dit is ook om hierdie selfde rede dat die duiwel ons so toe gooi met sulke gedagtes en aanvalle. Dit is gedagtes soos hierdie wat maak dat ons vervul word met die gee van die wees en die weduwee, soos dit in Klaagliedere oor en oor beskryf word. Dan leef ons 2 Konings 19:3 wat sê “… Dit is ‘n dag van rou. Ons is in die moeilikheid en ons is verneder. Ons is soos vrouens wat in kraam is, maar nie die krag daarvoor het nie.”

Wanneer ons so toe lê onder hierdie verdrukking dan kan ons nie ons God verheerlik nie. Dit is wanneer ons so wanhopig is dat die satan wen… hoekom?

Want in Johannes 17:4 verduidelik Jesus dit so mooi: “Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.” Daar staan niks van wonder werke en tekens nie, nee Jesus praat van die groter prentjie… die vervolmaking van ons skeppings doel.. daardeur verheerlik ons, ons God.
Nou kom Jesus weer by my vanoggend, terwyl ek so na die mis buite my venster staar en Hy kom vra vir my:

“Ek wat Christus is, het gisteraand gekom en in jou slaap die gees van die wees in jou kom hanteer… ek het jou kom help om deur daardie poort te gaan sodat jy opreg en met blydskap in hierdie tyd van eina en pyn en onsekerheid kan leef en My kan loof. Hoe gaan jy die gees van die wees en die weduwee in jou mede mens hanteer?”

Waarheid en Liefde soos lewende water…

In Uncategorized on April 13, 2010 at 14:08

Pappa God, dankie Here dat ek U woord kan verkondig Vader. Dit is nie deur myself dat ek hierdie taak verrig nie, dit is nie deur mense dat ek aangestel is nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het.

Vader God, dit is skrikwekkend wanneer ons na ons eie lewens kyk en sien hoe vinnig ons van U ware Evangelie afvallig word Vader. Here God, vandag bely ons dat daar geen ander Evangelie is nie. Vader, ons weet dat daar mense is wat die evangelie van Christus probeer verdraai. Vader ons verstaan ook dat hierdie verdraaiing plaas vind uit onkunde of selfs sonder dat die mens dit agter kom, tog Vader mag en kan ons nie weg skram van die gevaar van ‘n verdraaide evangelie nie. Daarom Vader vra ek met elke stukkie van my hart, in werklike opregtheid Here, reining my denke en my hart sodat ek nie skuldig sal word aand die verdraaiing van U evangelie nie.

Vader mag ons nooit die evangelie verkondig vir die guns van mense nie, mag ons slegs die evangelie, die ware evangelie, soos dit in U woord staan terwille van U heilige Naam verkondig. Vader mag ons nooit U naam beswadder deur ‘n evangelie te verkondig wat ons self uit dink nie, maar mag ons slegs die evangelie verkondig soos deur Christus aan ons geopenbaar.

Here saam met die bekende groep DC Talk, wil ek my aksies, my intensies en my motiewe ondersoek. Vader help my om na te dink oor die gevolge van my aksies, en Here lei my om binne U wil op te tree.

The greatest single cause of atheism in the world today
Is Christians who acknowledge Jesus with their lips
Then walk out the door and deny him by their lifestyle.
That is what an unbelieving world simply finds unbelievable.]

What if I stumble?
What if I fall?

Is this one for the people?
Is this one for the Lord?
Or do I simply serenade for things I must afford?
You can jumble them together, my conflict still remains
Holiness is calling, in the midst of courting fame

Cause I see the trust in their eyes
Though the sky is falling
They need Your love in their lives
Compromise is calling

(chorus)
What if I stumble, what if I fall?
What if I lose my step and I make fools of us all?
Will the love continue when my walk becomes a crawl?
What if I stumble, and what if I fall?

What if I stumble, what if I fall?
You never turn in the heat of it all
What if I stumble, what if I fall?

Father please forgive me for I can not compose
The fear that lives within me
Or the rate at which it grows
If struggle has a purpose
On the narrow road you’ve carved
Why do I dread my trespasses will leave a deadly scar

Do they see the fear in my eyes?
Are they so revealing?
This time I cannot disguise
All the doubt I’m feeling

What if I stumble, what if I fall?
You never turn in the heat of it all
What if I stumble, what if I fall?

What if I stumble?
Everyone’s got to crawl when you know that
You’re up against a wall, it’s about to fall
Everyone’s got to crawl when you know that (2x)

I hear You whispering my name [You say]
“My love for You will never change” [never change]

What if I stumble, what if I fall?
You never turn in the heat of it all
What if I stumble, what if I fall?

What if I stumble, what if I fall?
You never turn in the heat of it all
What if I stumble, what if I fall?

What if I stumble, what if I fall?
You never turn in the heat of it all
What if I stumble, what if I fall?
You are my comfort, and my God

Is this one for the people, is this one for the Lord?

Here God, reining my, heilig my woord, laat U liefde soos lewende water uit my gees borrel en vloei waar U bepaal.
Amen.

Nie in eie krag of wysheid nie…

In Uncategorized on April 8, 2010 at 12:49

Pappa Vader, vandag kom sit ek voor U voete, want die hoop wat ek gister gehad het wil kwyn voor die aangesig van die voorbeelde van haatspraak aan beide kante van die rasse skeiding in hierdie pragtige land waarin ons almal woon.

Vader, dit is eers wanneer ons besef dat U Seun, Christus, die beeld van God self is, en dat alles deur Christus geskape is, dat ons verby die verskille tussen mense kan kyk. Vader alles wat ons op aarde kan sien en ook nie kan sien nie, is deur U, deur U Seun geskape. Daar is ook niks wat voortbestaan op hierdie aarde sonder U Seun wat dit in stand hou nie.

Vader daarom wil ek U smeek…. Laat die skille van elke persoon in hierdie land se oë af val, laat hulle besef dat niks gebeur sonder dat U toelaat dat dit gebeur nie. Die regering wat aan bewind is, omdat U dit so bestel het en daarom moet ons ongeag van kleur or kultuur of persoonlike opinies, die heersers wat U aangestel het respekteer.

Vader ek glo en ek bid dat elke gelowige, weereens ongeag van kleur, kultuur of taal, sal verstaan dat die huidige situasie in ons land die perfekte geleentheid is vir ons om te wys dat ons wat ‘n persoonlike verhouding met Christus het, ons vir Hom sal afsonder, ons sal deur Christus se liefde uitstaan bo die res en so deur voorbeeld en nie deur konfrontasie, ‘n groot verkil maak in ons land.

Christus was die Eerste om geskep te word en die Eerste om uit die dood uit op te staan, en U ons God het aan ons belowe dat ons deur geloof toegang het tot die selfde krag wat Christus uit die dood uit laat opstaan het, en daarom vra ek nederig Vader, skenk ons daardie krag sodat ons wat verstaan dat daar ‘n deel van Christus in elke persoon op hierdie aarde is, die strydende partye met mekaar sal kan versoen.

Vader ek smeek nie om heridie versoening terwille van veiligheid of enigsins ter wille van menslike vrees of behoud nie, maar eerder my God sodat U naam deur hierdie versoenings proses verheerlik kan word.

Vader, dit wat ons in ons eie krag probeer bou, is nooit blywend nie en verandering wat ons op ons eie maak hou nie, tyd verweer ons vasbeslotenheid en goeie bedoelinge en ons krag op ons eie is nie opgewase teen die Satan se slinkse leuns nie.

EN daarom glo ek Here, en ek belei, dat ons nou weer as nasie op hierdie punt staan, omdat U nie ingesluit was by die eerste transformasie proses nie, die hele reënboog nasie is gebou op die pilare van humanisme, erder as Christus se liefde en daarom Here gaan die vrede nie behoue bly nie en gaan ons demokrasie altyd kwesbaar bly. Dit is daarom Vader van genade smeek ek U, terwyl ons versoenings pogings in puin hope om ons lê en ons verslae staan oor die oplossing, mag U Gees kom oorneem en names ons die pilare van demokrasie en vrede en eenheid weer ko opbou.

Vader mag ons verstaan dat nie eens een van die mees gevorderde konstitusies in die wêreld ons ka red van die oordrewe trots wat tussen die mense van ons land kom staan nie. Laat ons eerder as om rond te skarrel en menslike oplossings te soek, op ons knieë gaan en begin deur U voorskrifte te gehoorsaam, waarvan die grootste gebod liefde is.

Pappa God mag ons ook ter selfde tyd ons oorgee aan U wil U aan die stuur van ons land plaas.

Amen.

Nie ‘n resep nie Here, net woorde van uit my hart…

In Uncategorized on April 7, 2010 at 11:59

Hemelse Vader, ek weet U werk nie volgens ‘n stap vir stap resep wanneer U in ons lewens werk nie. Daar is nie ‘n formule at ons kan gebruik om te sê nou bid ons reg so nou gaan God luister nie.

Ek weet ons kan U nie manipuleer nie en al waaroor ware gebed gaan is die opregtheid van ons harte wanneer ons bid.

Vader, U het die afgelope paar dae Kolossense 1 hart hier op die tafels van my hart gedruk en daarom Here is hierdie gebed gebore uit die saad wat U deur U Gees in my hart gesaai het.

Vader ek wil op spring en dans van dankbaarheid en lof oor die genade en vrede en herstel at U oor my gesin en my familie en al my geliefdes elke dag, soos vandag uitstort, so sonder dat ons dit verdien Vader.

Vader dankie vir hierdie nuwe dag, nog ‘n nuwe begin en nog nuwe hoop. Vader dankie vir elke gelowige, nuut, of al gesout in die uit oefen van hulle geloof in U. Dankie Here vir elkeen wat sy hart oor ons land en ons mense voor U uitstort Here. Here mag ons trane nie verniet wees nie God, mag ons smeek gebede nie verlore gaan, net omdat ons vir die show of vir ons gewetens of sommer net vir ons eie selfsugtige redes bid nie Here.

Here mag ons geloof en liefde altyd gegrond bly op die Hoop wat U vir ons in die hemel bewaar. Vader mag ons nooit uit eie krag en insig probeer lief hê nie, mag ons nooit ons liefde eers deur ons “trots filter” laat loop voor ons dit aan uitgesoekte mense uit deel nie. Vader mag ons, ons liefde en ons genade onvoorwaardelik en onselektief NET SOOS CHRISTUS uitdeel, deur die krag van U Heilige Gees. Mag ons in ons aksies selgs gemotiveer word om Hemelse Hoop deur ons onwrikbare liefde te saai.

Pappa God, mag die nie diskriminerende genade wat in U Evangelie opgesluit lê in ons groei, deur ons groei en rondom ons groei. Mg dit goeie vrugte dra en mag dit alles slegs to God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees se eer en verheerliking geskied. Mag slegs U Heilige Naam deur ons aksies verheerlik word.

Vader vul ons deur U Gees met nog liefde, nog genade, nog hoop en nog geduld en ook nog meer harts kennis van U Wil.

Vader maak ons ewig dankbaar laat ons oneindig jubel omdat U ons weg ruk uit die duisternis, omdat U ons verlos en ons sondes vergewe. Vader rus ons toe met U wapens rusting vandag, nie sodat ons beskerm sal wees nie Vader, maar slegs dat U Naam nie deur ons aksies ontheilig en geskend sal staan, in die wêreld waar U ons geplaas het nie. Vader gebruik ons in hierdie dag om ons te beywer om volgens U leiding die grond gebied van U Evangelie te vergroot.

Amen.

Amen.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.