Liza Welsh

Posts Tagged ‘gedig’

Daai nag….

In Uncategorized on April 16, 2010 at 11:02

Daai nag….
Met sout paatjies uitgekerf oor my wange
Raak my asemhaling stadiger
Raak my oog lede swaar
So loop ek in sak en as na die niemands land van my drome

Daai nag…
Kom ek op ‘n plek so ongelooflik droog en asvaal
So staan ek in die gedruis dood se stilte
So staan ek en my siel poedel nakend kaal
So strompel ek in die donker… desperaat om jou dood te verstaan

Daai nag…
Met spoke wat my jaag dat my go lankal by my keel uit is…
Kom ek op jou in my drome af
So loop ons saam, parallel met die horison
So loop ons in by ‘n plek wat God, elke oggend, met Sy eie hand inkleur
So loop ons tot onder die Boom wat eke maand vrugte dra.

Daai nag…
Met die glorie van God wat ons omring kry ek vrede
Kom jy en vat jy een laaste keer my hand
Terwyl ek so na jou kyk, daar waar jy konstant voor jou Salig Maker dans
Terwyl ek saam met jou kniel voor die almagtige gesag van Sy aangesig
Terwyl ek saam met jou, lag en gesels en sonder ophou ons Pappa dien.

Daai nag
Met goue strale van heerlikheid wat oor die horison opstaan
Kom keer ek terug, en ek wens ek kon ‘n stukkie van jou saam met my vat
So word ek wakker, so sonder die verlammende pyn van jou afwesigheid
So bly net die pragtige herinneringe en net die litteken van verlange oor
So sal ek onthou om elke lewende uur die hele wêreld saam na die Hemel toe te nooi

Verskoning opreg, geïgnoreer en verseg

In Koffietyd on September 15, 2009 at 21:42

Jy spook by my
Jy jaag my
Oortredings onbekend
Verduidelikings ongekend

Jy spook by my
Jy jaag my
antwoorde ontbreek
vriendskap bleek

Jy spook by my
Jy jaag my
verskonings opreg
geïgnoreer, verseg.

Share
Email

Tuimel Uit, Oor en Deur!

In Koffietyd on September 15, 2009 at 21:41

My klanke tuimel -
UIT!!!! my mond…
OOR!!!! my vingers…
DEUR!!! my sleutelbord…

My klanke tuimel -
te sag, sonder krag
slaankrag ontbreek
menslik gebroke
opsoek na ontvanklike ore

My klanke tuimel -
God fluister sag
God gee krag
God maak heel
Mag God gebruik my klanke as Goddelike Seël.

Share
Email

Affrontasie, Irritasie en Konsternasie!

In Koffietyd on Augustus 5, 2009 at 10:45

(3 Augustus)

Die Son kom op en die termometer se kwik daal soos die goue strale na bo skiet. So sag kuns het U my wakker gemaak, met ‘n glimlag van pure, Goddelike blydskap en geluk wat om my mondhoeke speel.

Dit is koffietyd het U gesê. Lig jou kop vanaf die kussing voor my altaar, gaan maak ‘n koffietjies, en voor die besige dag begin, kom gesels met My. Nou hier sit ek, O wonderbaarlike God, honger vir U Woord, gretig om meer van my God te leer, so opgewonde om hierdie asemrowende pad saam met U te stap…

Vanoggend kom praat U weer met my uit Spreuke 20… ‘9Wie kan sê “Ek is rein, ek is onskuldig, sonder sonde?” 10Die Here het ‘n afsku vir mate en gewigte wat nou sus en dan so is.’

Affrontasie, Irritasie en Konsternasie!

Die hammer van ons eie geregtigheid slaan so gemaklik oor ons medemens
Ons vooroordeel. Beoordeel. Veroordeel.
Ons gees konfronteer soms iets in ‘n ander se gees,
maar dan is ons harte harde klip, sonder verstaan -
is ook sommer dan geaffronteer. Geïrriteer. En nie meer in Beheer!

Wie is rein, 100%?
Wie is sonder skuld, 100%?
Wie staan perfek sonder skaamte, 100% naak voor my Heer?
Laat hy wat dan so staan Vooroordeel, beoordeel en veroordeel!
Laat hy dan sy asem mors op affrontasie, irritasie en konsternasie!!

Maak eerder die waters van U liefde wat deur my vloei dieper vandag!
Druk water uit ‘n klip my God
Versag, Verander, Verfraai, Verryk dan eerder so my hart!
Maak my hart ander se seer en se komplekse ontwerp verstaan,
Knoop dan aan my oor meegevoel, medelye en meer-geduld-as-ooit-tevore.

Lat my sus en so die selfde bly.
Laat U ja , my ja wees en my ja bly!
Laat U nee, my nee wees en my nee bly!

Verhoed so ook op hierdie dag my God: affrontasie
wat pad aanwys vir irritasie
wat net ly tot konsternasie!

Oorstroom my dan op hierdie dag my God met meegevoel
wat die pad kan aanwys vir my en ander om lief-te-voel en heel-te-voel,
wat net kan lei tot ‘n hoogte waar ons U teenwoordigheid kan aanvoel.

Amen.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.