Liza Welsh

Posts Tagged ‘gebeure’

My antwoord op die gebed van ‘n kind…

In Gebede,Koffietyd on November 17, 2009 at 09:29

Die sand korreltjies in die uurglas gemerk as 2009 is besig om baie vinnig uit te loop en oral is almal besig om gou-gou net ‘n inventaris van die jaar te neem voor hulle te verstrengel raak in Kersfees liggies en blink tinsel stringetjies.

Soos ek ook maar onwillekeurig inventaris van ‘n wasmasjien jaar waardeur my gesin en my familie is. Die onbeskryflike vrede wat God my hart mee toevou kom dan loodreg teenoor onafgehandelde besigheid staan. Die opgewondenheid en afwagting van ‘n nuwe lewe kom staan loodreg teenoor die pyn en die nood wat oral rondom my heers. My eie genesing kom staan ook loodreg teenoor die wonde van die vir wie ek so innig lief is.

En tussen dit alles deur wil ek amper soos Johannes opstandig raak omdat die rondom my soveel meer lei as ek. Johannes het opstandig geraak oor die feit dat hy nie die geleentheid gegun was om soos die ander dissipels vir sy geloof te kon sterf nie. Nee, ek wil nie sterf nie, ek weet dat my werkie hier op aarde is nog nie klaar nie, maar ek wens so gereeld dat ek die jeuk van die mensies om my namens hulle kan dra. Soms wens ek dat daar ‘n vitamien B kompleks inspuiting vir die hart se seerste eina kan wees en dat ek namens ander deur hulle pyn kan werk sodat hulle wonde kan genees.

Dis terwyl ek so voel, dat ek selfs nog hier in my gees nog meer opstandig word wanneer ek versoeke uitstuur en geleenthede wat deur ons Pappa self geskep word onder die aandag van God se geliefdes te bring – soos my Vader my beveel en nie eens een persoon die moeite kan doen om hulle oë en hulle aandag vir ‘n oomblik van hulle eie lewe en eie behoeftes af te haal en so na ‘n ander uit te reik nie.

Die Here raak al hoe meer dringend in Sy oproep aangaande ons kinders en die wees kinders wat so aan hulle eie genade oorgelaat word. Vader se hart is regtig seer oor die gebrek aan die Bruid se bereidheid om uit te reik en hierdie kinders se harte met hulle God se hart te versoen. Elkeen van ons hou ‘n bos sleutels vas, wat die deur vir soveel kinders kan oopsluit, tog is ons so besig met ander goed dat ons nie uitkom by dit wat Vader regtig in hierdie tyd van ons vra nie.

Matteus 18 vers 1-5 is tog so duidelik oor die belangrikheid van kinders in die koninkryk van God. En daar is niks meer kosbaar as die manier waarop ‘n kind sy God vertrou nie. Self het ek die voorreg om daagliks te sien hoe my twee wille perdjies op hulle God vertrou en hoe getrou hulle Hemelse Pappa vir hulle sorg.

Daar is nie iemand anders wat vir hierdie kinders kan klere gee nie, daar is nie iemand anders wat hulle oor die kinders kan ontferm terwyl jy gou-gou net eers jou Desember vakansie se finale reëlings tref nie. Dis vir jou wat God vra, wees My hande, wees My voete, wees My arms…

Ek het nie die skares met ‘n mooi gebed en honger magies huis toe gestuur nie, NEE Ek het vir hulle kos saam met die brood van die lewe bedien. Ek het nie die vrou met die bloedvloeiing vertel hoe lief Ek haar het en haar toe weer weggestuur sodat Ek met my belangrike dagtake kon voort gaan nie, NEE, Ek het haar eers genees, eers het Ek van my tyd aan haar afgestaan om na haar te luister en haar te genees… daarom beveel Ek jou my kind kom stort My liefde uit en kom wees My antwoord op die gebed van ‘n kind.

 

Ek sal nie gaan voor U my nie Seën

In Gebede on September 21, 2009 at 11:18

Pappa

Ons staan weer vandag hier in die Jabok Rivier soos Jakob (Genesis 33:23-32), hierdie rivier moet ek vandag nog deur… Vader aan die anderkant lê die beloftes, die seëninge wat U vir ons het, maar eers moet ek hierdie rivier deur.

Vader kom ontmoet my, kom wys my wat ek moet verander, laat my U aangesig aanskou Vader, ek sal en kan nie ophou voordat U my nie geseën het nie, nie voor U my naam verander het nie, Vader kom en ontmoet Vader hier waar ek voor U staan.

Vader kom oortuig my van dit wat my verhinder om nog vêrder te gaan en nog nader aan U te groei. Vader kom way vir my watter deel van my lewe nog nie aan U behoort nie. Vader ek sal nie van hierdie plek af weg gaan voor U nie met my kom praat het nie.

Die beloftes wat U aan my gegee het is wonderlik, die pad wat ons stap is intiem, maar tussen ons staan daar nog goed wat my keer om nog vêrder in oorgawe vir U te leef, Vader kom wys my wat daardie goed is sodat ons dit wortel en tak kan uit roei.

-          Deuteronomium 11:19 Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat, as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Skryf dit op jou deur kosyne en op jou stadspoorte. Dan sal julle, julle nageslag lank, ja so lank as die hemel en die aarde bestaan, bly woon in die land wat die Here met ‘n eed beloof het o aan julle voorvaders te gee.

Here ek belowe om hierdie instruksie na te volg met meer en meer volharding en oorgawe uit te voer. Vader seën my met die insig, die wysheid en die liefde om die onverganklike saad met sukses in my kinders se harte te saai.

Vader hiermee wei ek ook ons hele plaas, elke stukkie gras en grond aan U my God. Op hierdie plaas sal niks geplant of gesaai word sonder U instruksie nie, hier sal niks geoes word sonder U toestemming nie, Here. Elke mens en dier wat hierdie grond betree is onderworpe aan U wil Here. Hierdie plaas is U grondgebied. Hier heers net U en hier mag net U wil geskied. Mag elkeen wat hierdie grondgebied sonder die nodige respek hanteer, besef dat U God is, dat U sovereign is, en dat U in beheer is.

Vader trek ‘n laer om hierdie grond, laat U Gerubs ons hekke bewaar en U engele ‘n muur van vuur rondom ons bou. Vader verhinder die wat so on geregtelik probeer gebruik maak van hierdie grond wat aan U gewei is, om vêrder buit uit U skatkis te probeer haal.

Vader mag daar weer op U tyd, soos U aan ons beloof het, weer vee in die kampe wei en oeste op die lande wees, en mag elke stukkie van hierdie grondgebied slegs tot eer van U naam gebruik word.

-          Deuteronomium 31:7 “Wees sterk, wees dapper! Jy gaan saam met hierdie volk in die land in wat die Here met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het o aan hulle te gee. Jy moet hulle dit in besit laat neem. Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”

Vader, ek verstaan nou hierdie konstante drang om onafgehandelde besigheid af te handel. Vader Woensdag is die dag wat ons teen die eerste ‘volk’ in ons beloofde land sal tee kom. Vader trek voor ons uit, wys vir ons die pad soos ‘n vuur kolom in de nag en ‘n wolk kolom in die dag. Vader God, hemelse Koning ons sal nie langer terug staan nie, ons sal ons land in besit neem, alleenlik in U Naam en tot eer van U Naam.

Here ek wil ook vandag soos Gideon ‘n wol vliesie voor U op die grond kom neersit. Vader  die pad wat U sever met ons gestap het, vertel van menige wonderdade en Here partykeer voel dit of hierdie pad te goed is om waar te wees. Partykeer kyk ek weer en weer na die brief van my aardse pappa wat my teen die val en die seerkry en swaarkry wanneer hierdie droom wêreld soos Hy dit noem inmekaar gaan stort. Here daarom gooi ek my vliesie voor U voete, soos U my uitgenooi het om te doen in Rigters 6: 36-37.

Vader moet asseblief nie vir my kwaad wees nie, en moet asseblief dit nie teen my hou dat ek weer vir bevestiging vra nie. Vader U weet dat ek van die begin af op U vertrou het om die eerste afspraak met die dokter op U tyd, by die dokter wat U gekies het vir my moontlik te maak. Vader daardie afspraak is more, en ek en U weet dat die fondse vir daardie afspraak nie tans vir my en Ross beskikbaar is nie en daarom Here smeek ek U, as ek myself nie in ‘n droom wêreld van ontkenning toegespin het nie, en as ek regtig besig is om my lewe volgens U wil in terig deur na U stem te luister, en as ek waarlik besig is om in my skeppings doel op te staan en in posisie te kom, dan wil ek vra Here dat U die nodige fondse vir more se afspraak vir ons sal beskikbaar maak sonder dat ons ‘n ander vir daardie fondse hoef te vra. Here mag dit so volgens U Wil en slegs tot eer van U Heilige Naam gebeur.

Vader  laat ons as gesin bymekaar kom om die etenstafel vanaand soos die Israeliete by Mispa bymekaar gekom het. Laat ons weer ons self as eenheid voor U teenwoordigheid buig. Vader laat ons openlik ons harts begeertes aan U bekend maak sodat die wie se ore nog toe is sal kan hoor en die wat nog nie verstaan tot insig sal kan kom. Vader laat U ons dan seën soos U die Israeliete geseën het deur hulle uit die mag van die Filistyne te red. En Vader gee dat ons ook nooit sal vergeet dat U ons tot nou toe nog elke dag gehelp het, gedra het en lief gehad het.

Dankie Here, uit 2 Samuel 7 seën U my deur vir my te belowe dat nes U vir David rus van sy vyande gegee het, U vir ons ook weer rus sal gee, sodat ons hier waar ons woon, hierdie grond waar U ons wil hê, sodat ons hier vir U ‘n vesting kan bou wat deel sal vorm van die skeppings droom wat U vir hierdie Familie het. Dankie Here vir  die herbevestiging van U beloftes in vir die hoop wat daarin lê.

Vader seën my nou, gee vir my, my geestelike naam, die naam waarby U my geroep het my God, verander my naam soos U jakob se naam by die Jabbok verander het, seën my so deur my ook by my nuwe naam te roep! Ek wag in U teenwoordigheid Here vir my nuwe naam.

Amen!

Verskoning opreg, geïgnoreer en verseg

In Koffietyd on September 15, 2009 at 21:42

Jy spook by my
Jy jaag my
Oortredings onbekend
Verduidelikings ongekend

Jy spook by my
Jy jaag my
antwoorde ontbreek
vriendskap bleek

Jy spook by my
Jy jaag my
verskonings opreg
geïgnoreer, verseg.

Share
Email

Gebed vir 9 September 2009

In Gebede on September 9, 2009 at 17:24

Here God

Ons prys U ons wonderbaarlike Koning en Heersers sonder gelyke. Here soveel van ons gesprekke het die laaste ruk oor die gebrek van dissipline en morele standaarde in wêreld gegaan. Here op ‘n daaglikse basis word ons as gesin gekonfronteer met die verkil tussen die waardes wat ons uit dankbaarheid teenoor U wil uitleef en die van die wêreld.

Here soms voel dit vir my of my kinders verstoot word deur hulle maats omdat hulle ‘n ander waarde sisteem probeer toe pas. Partykeer voel ek soos ‘n heks as ek oor en oor moet verduidelik hoekom ons nie sekere televisie programme kyk nie, en hoekom ons sekere rekenaar en play station speletjies nie speel nie.

Here vandag wil ek names die mense van my land voor U kom staan. Here ons land, ons kinders, ons tieners ons jong mense en die ouers en groot ouers, ons almal het U dringend nodig. Here ons almal se wonde is diep en soms kry ek die gevoel dat die ganse Suid Afrika sonder hoop sommer maar net ronddwaal.

Vader ons kinders het Goddelike leiding nodig. Hulle het mense nodig wat eerlik met hulle oor die dinge van die lewe en oor U sal gesels. Vader ek wil vra dat U elke kind, tiener en jong mens in U hand sal neem en met hulle sal begin werk. Vader verbind hulle wonde soos U my wonde verbind het, omring hulle met U liefde en U vrede en U genade. Vader laat hulle ,hulle identiteite in U vind eerder as in die wêreld.

Vader wees saam met elke ouer, Here gee dat ons sal leer om ons kinders daagliks te seen, gee dat ons hulle met insig uit U hand sal kan lei om hulle identiteite in U te vind, om hulle hoop en geloof in U te plaas en om ‘n intieme verhouding met U te bou.

Here wees saam met elke persoon in ‘n posisie van mag, elke persoon wat gesag oor ander het. Vader wys vir hoe om ons kultuur van korrupsie te verander en om eerder ‘n kultuur van omgee en eerlikheid en geregtigheid te kweek.

Vader my Oupa loop nog moeilik na die operasie. Vader ek wil vra dat U vir hom en ouma deur hierdie aansterking proses sal dra. Vader hou hulle styf vas, laat hulle ons sagte soentjie op hulle voorkoppe voel soos ons dit van hier vêr af stuur. Vader ons vertrou dat U oupa sal spaar sodat hy sy twee nuwe agter klein kinders sal kan ontmoet Here. Here gee hom die kans om hierdie wonderwerkie wat U vir ons as troos na Izàn se dood gegee het te kan vas hou Here.

Here dankie vir die fantastiese nuus wat Nandi vandag met ons gedeel het. Here ons bid vir haar en Vincent al die voorspoed wat daar in U skat kamers van die Hemel is toe. Here dankie vir Tallie se oproep daar uit die vêrte. Here lig haar ook uit haar verknorsing, maak haar pad terug huis toe gelyk en gee dat sy spoedig sal kan terug keer.

Here wees saam met boeta waar hy homself voor berei vir hierdie laaste been van sy finale jaar voor hy graad vang. Here wees saam met hom waar hy weer op die pad sal wees en ook waar hy terug in Stellenbosch bedrywig sal wees met sy studies.

Here vat vannaand vir Mamma en Pappa en gee vir hulle elkeen ‘n drukkie. Laat hulle weet hoe baie ons almal verlang. Here hulle wonde en hulle harte is og so teer na Izàn se dood. Here die frustrasies van Pappa se werk maak die pad vir hulle styl. Vader stort U liefde en vrede oor hulle uit. Vader gee vir die insig wat hulle nodig het rondom die besluite wat voor hulle lê.

Here God ons gee elke droom, elke bekommernis, elke frustrasie, elke verantwoordelik wat vir ons te swaar voel, ons gee dit alles oor in U Vaderhand en ons weet Here dat met U aan die stuur Here sal ons voorspoed en guns by U geniet.

Amen.

Turn2God Staatsteater Fees

In Koffietyd on September 2, 2009 at 15:23
Dit moes EEN of ander tyd gebeur. Die beweging wat SA aan die praat het moes musikaal ook vleuels kry en dit gebeur vir die eerste keer in die Staatsteater die 15 – 20ste September.  Daar is min tyd om die wêreld hiervan te laat weet, so ons sal dit soooo waardeer as julle dit na AL julle e-mail kontakte toe kan uitstuur dat mense GOED kan weet.
 
Die voorlopige program vir die Turn2God Staatsteater fees
 
15 Sept Retief Burger, Nedine Blom, Bobby van Jaarsveld, Ronell Erasmus, Wian Vos, Louis Brittz
16 Sept Wanda Bam, Nedine Blom, Retief Burger, Wian Vos, Louis Brittz
17 Sept Danie Botha, Riana Nel, Nedine Blom,  Wian Vos, Louis Brittz
18 Sept Krisstel,Louis Brittz Lagnes,  Joe Niemand, Pierre Spies, Vertikaal
19 Sept Bobby van Jaarsveld. Wian Vos,  Lagnes, Riana Nel, Louis Brittz
20 Sept Nedine Blom, Louis Brittz, Joe Niemand, Wian Vos, Elza Meyer (sluit die week af)
 
T2Gstaatsteater.jpg
 
·         Turn2God Staatsteater Fees (In die “Opera”)het ten doel om Pretoria en Suid Afrika na die Here terug te draai. Ons wil die herlewingsvlam hoog sien brand – diep in die stad, buite die mure van die kerk! Ons wil ook ‘n stylvolle fees van die hoogste kaliber hou, met uitstekende musikante, kunstenaars en tegnologie…Net ons beste vir Jesus!!
·         ‘n Fantastiese kunsuitstalling in die foyer van die Staatsteater, gaan “SA, draai terug na God” op ‘n kragtige manier uitbeeld. Kunswerke sal te koop wees ten bate van die beweging.
·         Nedine Blom tree Dinsdag tot Donderdag op en weer Sondagmiddag, want sy stel “Supercool vir Jesus!” vry. Dis ‘n fantastiese CD en DVD vir kinders, en ons moedig die hele familie hiermee aan om die aande en Sondagmiddag by te woon!
·         Wian Vos lei die worship-band, en sal elke aand open. Hy neem Saterdagaand (19 Sept) ‘n nuwe DVD op met nuwe lof- en bedieningsliedere, en ou treffers soos “Weet jy dat Jesus jou liefhet?” Wian is een van SA se heel beste liedjieskrywers, worshipleiers en pianiste. Sy passie is dat God Suid Afrika kragtiglik sal aanraak, en dat dit in die huisgesin sal begin.
·         Louis Brittz sal elke aand praat oor “SA, draai terug na God!”. Ons glo hierdie dinamiese beweging kom uit die Here se hart  - en dit vat reeds vlam reg oor Suid Afrika! Groot dinge is in die pyplyn en Louis sal niks terughou nie. Louis sal Vrydagaand en Sondagaand ook optree en aanbidding lei (dus nie net praat nie).
·          Lagnes is SA se enigste “whose line is it anyway” groep situasie-komediante. Hulle is skreeusnaaks, briljant en natuurlik Christene. Hulle gaan seker maak dat Die Fees nie te swaar in die maag gaan le nie!
·         Vertikaal is die 2009 SAMA-wenner vir “beste Afrikaanse gospel produksie”. Krisstel is ‘n 2009 SAMA nominant vir “best pop/rock gospel”.
·         Retief, Danie, Ronell en Wanda het geen bekendstelling nodig nie. Riana  was lank stil, maar sy is een van SA se grootste talente, wat al reuse kontrakte in Amerika weggewys het om te bly waar die Here haar wil he. Bobby v Jaarsveld het onlangs begin om vir Jesus op te staan, en hy doen dit lekker eerlik en radikaal!
·         Joe Niemand het die land verras toe hy 200 000 cd’s weggegee het by die Mighty Men konferensie. Hy sing fantasties, skryf musiek vir rolprente en tree oral op saam met Angus Buchan.
·         Pierre Spies sal sy splinternuwe DVD’s met getuienisse op hier bekendstel!
·         Daar is nog sportmanne wat moontlik sal optree, en ons sal die nuus bekendmaak soos dit “breek”.
·         Daar is slegs 1300 kaartjies per konsert!!!
 
Aande begin om 19h30 en hou aan tot 22h00. Elke aand sal ‘n pouse he.
Sondagmiddag (20ste) begin 15h00 en hou aan tot 17h00.
 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.