Liza Welsh

Elia 1 Kampe

Elia I kampe Print E-mail
deur Tom Gouws
  

‘n Kamp wat elkeen wat dit deurloop het, se geestelike lewens bepaald gelaunch het. Ons glo op grond van Mal 4:5-6 en Luk 1:17 dat ons profeties by daardie tyd in die loop van die geskiedenis van die wêreld gekom het dat God die gees van Elia stuur om die eindtydbruid voor te berei vir die koms van Christus. Die meeste gelowiges se probleme setel daarin dat hulle identiteit as mens nooit deur hul aardse vader opgeroep is nie, en boonop is hulle geestelike identiteit nooit deur ‘n geestelike vader opgeroep nie. Met die kamp wil God jou identiteit in Christus te vestig. Dit is ‘n geleentheid waar bedien word oor alle aspekte wat mense weerhou daarvan om binne hulle roeping in Christus op te staan, nie net as ‘n kind van God (Joh 1:12) nie, maar as seun van God (Rom 8:14). Geestelike seunskap beteken dat iemand sy skeppingsdoel verstaan en daarbinne beweeg. Die kampe se primêre doel sal wees om dit te bereik. Daar word ook oor elke persoon individueel geprofeteer deur ‘n span profete wat die kamp fasiliteer.

Elia I kampe Print E-mail
Dear Hein Holm   
“…en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.” (Op 5:10), (Sien ook Openbaring 1:6 en 20:6)
 
Voor die grondlegging van die aarde het God jou by die naam geken en jou met ‘n bepaalde doel aarde toe gestuur.  Jou geboorte is nie ‘n ongeluk nie, alles is deeglik beplan, want jy is uniek en so is jou roeping.  Weet jy regtig wie jy is?  Wat maak jy hier?
 
Gee betekenis aan jou lewe en vind uit wie God sê jy is!

Met die Elia I en Elia II kampe, help ons mense om op te staan in hulle roeping.

ELIA I – Priesterskap

  •  Die keuse tussen lewe en dood – Wedergeboorte.
  • Tye en tekens – Waar in die geskiedenis is ons? Waarheen gaan alles
  • Wortels van Ongeregtigheid. Verstaan jou optrede. Hanteer die wortel en sien hoe die vrug verander.
  •  Die Gees van Elia – Wat sê die Byble daarvan en wat beteken dit vir vandag. (Luk 1:17)
  • My pa se invloed op my verstaan van God.
  • Persoonlike profetiese bediening.

 

  1. Ek sukkel om op Tom Gouws se webblad in te gaan, is daar ‘n probleem.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.