Elijah Africa
Die Here het my gelei om deel te word van ‘n organisasie met die naam ElijahAfrica.
ElijahAfrica is ‘n bedienings netwerk wat na die volgende streef:
- Om die Bruid van Christus te onderrig en te mobiliseer;
- Om die harte van vaders en die harte van seuns te versoen;
- Om die ongehoorsaam die wysheid van die geregtilike te leer;
- Om toegeruste mense vir die Here voor te berei, wat saam met Jesus kan regeer.
Vir meer inligting kan julle die ElijahAfrica website besoek. Tans is ek ook besig met die Elia kampe. Ek het reeds die eerste kamp bygewoon, die Here het werklik ‘n afspraak met my gehad om daar te wees en het my siel en gees daar verander. Lees ook dan sommer gerus meer oor die Elia 1 kampe.
Gebeds Versoeke
Die oes is groot en die aarbeiders min sê die skrif. DIe Here het my ook geroep om die rivier te wees van Essegiel 47, Hy sal Sy liefde deur my vanaf Sy aller Heiligste van die see laat stroom. Een van my take as daardie stroom in voorbidding, as ek nie weet van jou pyn nie, kan ek nie saam met jou by ons God gaan pleit nie en dan sal die sluise van die Rivier van Lewende Water nie kan oop gaan nie.
Stuur gerus jou gebeds versoeke na koffietyd@gmail.com. Alle versoeke word konfidensieel gehou, geed is nie ‘n versoete verskoning om te skinder nie.