Liza Welsh

Weet jy hoe werk die rou proses?

In Wenke on Augustus 17, 2013 at 12:38

In die laaste paar weke is ek op meer as een manier met die dood en die rou proses  gekonmfronteer. Daar is nie veel waarde daarin om al die gebeure op e haal nie, omdat nie een van hulle persoonlik of naby genoeg is sodat ek eerste handse inligting met julle kan deel nie.

Ek het egter besef dat baie min van ons besef hoe die rou proses lyk, en ook wat die Bybel oor hierdie proses sê. Baie van ons staan en kyk waar vriende en familie deur die rou proses gaan, maar ons is nie seker hoe om hulle by te staan nie, want ons verstaan nie die rou proses nie.

Wanneer rou ‘n mens?

In een van haar skrywes skryf  Ds. Hentie Krüger van die Gereformeerde Kerk Lyttelton  ” ’n Mens rou nie net oor die dood van ’n dierbare nie; jy rou oor enigiets wat jy as ’n fundamentele verlies ervaar. “

In sy boek Gone but Not Lost, skryf David W. Wiersbe dat die dood (maar ek wil sê ook enige verlies) verhoudings verbreek. Oral waar daar met iets of iemand ‘n verhouding verbreek word, word daar ‘n verlief gelei.

Wanneer ek van ‘n verhouding praat, verwys ek na ‘n baie breë sin van die woord, wanneer jy met iets interaksie het, of met iemand of selfs ‘n groep persone interaksie het staan jy in ‘n verhouding met daardie item, persone of groep. Wanneer jy jou lewe volgens sekere beginsels of waarhede rig staan jy in verhouding tot daardie beginsels en waardhede. In baie opsigte is daardie beginsels en waarhede baie subjektief, maar steeds maak dit nie saak nie, wat van belang is, is die verhouding tussen die persoon en dit wat hulle as realiteit ervaar.

Wanneer verlies ten opsigte van mense verhoudings ervaar word, kom die grootste pyn vanuit die ervaaring dat die persoon wat die verlies ervaar het voel dat hulle steeds soveel liefde het om aan die persoon (of persone) wat hulle verloor het te gee, maar dat die persoon nie in staat is om dit te ervaar of te ontvang nie.

Hoe rou die meeste mense?

Daar is 5 basiese fases waaruit die rou proses bestaan.

  • Ontkenning: - Dit voel vir die persoon of hulle ‘n nagmerrie beleef. DIe gebeure voel nie werklik nie.
  • Woede: Mense soek gewoonlik redes vir gebeure en hulle soek skuldige partye om hulle teen te vergeld.
  • Onderhandeling:  Dikwels probeer mense met God onderhandel om dinge ongedaan te maak.
  • Depressie: DIe hartseer oorval die persoon.
  • Aanvaarding: Hulle kry vrede oor die gebeure of die verlies.

Nie een persoon rou ewe lank nie, nie een persoon rou op die selfde manier nie. Dit is ok belangrik om te verstaan dat daar nie ‘n spesifieke volgorde vir hierdie fases is nie. Elke person ervaar dit anders.

Wat kan ek doen?

  • Dit is baie belangrik om die persoon wat rou nie veroordeel te laat voel vir die manier waarop hulle rou nie. Nie een van hierdie emosies is verkeerd nie. Moet geen oordeel oor hulle uitlatings spreek nie, luister eerder en neem kennis van moontlike areas van kommer. Neem veral kennis wanneer ‘m persoon praat oor selfmoord of wat ‘m persoon aandui dat hulle ‘n ander persoon wil leed aandoen.In sulke gevalle is dit van kardinale belang om profesionele hulp in te kry.
  • Wanneer ‘n persoon rou wil ons hulle so graag troos sodat hulle emosies ligter word, dit is egter ook belangrik om nie hulle emosies as onbelangrik af te maak nie. Dit is belangrik dat hulle die tyd neem om wel die emosies te ervaar.In hierdie tyd is dit belangrik om meer te luister as om te praat. Wanneer ‘n persoon sekere gebeure of emosies aan jou vertel het, antwoord deur te hulle uiterings op te som en aan hulle te vra of jy hulle reg verstaan het.
  • Oppas vir algemene opmerkings soos: “Wees net sterk.” of “Dit was beter so.” “Die persoon is nou op ‘n beter plek.” Terwyl al hierdie dinge dalk waar kan wees en ‘n plek het, is dit nie die persoon se ervaring nie en baie keer maak sulke stelling seer. Dis van baie meer waarde om te luister eerder as om te praat in hierdie tyd.
  • Wees ook versigtig om elke vraag in hierdie vroeë dae met die Bybel verse te antwoord. Op daardie stadium kan dit moontlik die persoon oorweldig. Wees eerder fyn ingestel op die leiding van die Heilige Gees.
  • Neem kennis van enige self verwyt, of verwyte teenoor ander, sodat jy later weer bietjie kan uitvra en kan monitor of hierdie emosies opgelos is. Moet nie die persoon oor hulle verwyte veroordeel nie, al is die verwyte teenoor die Here gemik. Soos tyd aan stap sal hulle dit wel uitsorteer en kan hulle Vader om vergifnis vra.
  • Neem, kennis van enige ander elemente van die persoon se verlies wat uitstaan, iets van die gebeure wat dit ekstra moeilik maak om die verlies te verwerk. Weereens is dit belangrik om soos die tyd aanstapp sagkuns uit te vra oor hierdie elemente om te hoor of die persoon dit verwerk het.
  • Wanneer die persoon wat die verlies gelei het vrae het, luister aandagtig en antwoord versigtig maar geloofwaardig. Baie keer probeer die persoon bevestiging kry omdat hulle in twee geskeur is deur die waarhede wat in hulle vasgelê is en hulle emosies wat loodreg teenoor daardie waarhede gaan staan. Onderstreep al die persoon se positiewe aksies, en hou eerder verby negatiewe aksies. In die dae kort na die verlies is dit nie die regte tyd om negatiewe aksies aan te spreek nie.
  • Sou ‘n persoon in een van hierdie fases vas hak en daar deur beweeg nie, is dit belangrik om profesionele hulp in te roep.

Indien jy meer inligting wil hê of meer oor die onderwerp wil gesels of spesifieke vrae het, kontak my gerus.

  1. […] het ek geskryf oor die rou proses. Here en vandag besef ek meer as ooit hoe belangrik dit is dat ons daardie proses verstaan, want […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 2 386 other followers

%d bloggers like this: