Pappa Vader
Ongelooflik baie dankie vir al die seëninge in ons lewens. Vader dankie vir U liefde en genade en dankie vir die pad wat ons sovêr saam met U geloop het. Vader dankie vir die moeiliker tye, elke oomblik daarvan is ‘n leer skool wat ons op ons knieë hou.
Vader baie dankie vir al die voorregte wat ons geniet. Dankie dat ons aktiewe instrumente in U hand kan wees, dankie dat ons ‘n verskil kan maak. Vader U is ons is genadig, en Vader ek smeek U, hou ons nader aan U o Vader, hou ons teen aan U bors sodat ons kan hoor hoe U hart klop en nie sukkel om U stem te hoor nie.
Vader rig ons dagtake sodat U Naam alleen daardeur vereer kan word.
Ons bid dit Vader nie uit verdienste nie, maar slegs deur genade, en in die Naam van Jesus Christus
Amen.