Liza Welsh

Archive for 2012|Yearly archive page

nie deur ‘n God wat buite bereik is nie….

In Uncategorized on Maart 13, 2012 at 09:12

Net pratykeer raak die lewe so besig dat ons moeg en sat verby die bron van ons Lewe verby stompel oppad na ons bed, net om nog te stoei in ‘n rustelose slaap….

Die môre begin dan ook nie veel beter nie…. met ‘n gesleep van die voet en neerslaan van die oë worstel ons deur nog ‘n dag. Ons troos ons in n vinnige skied gebed, en dan draai ons om en mompel dat die Here ons nie hoor nie…..

Alle wyle lê die bron van die lewe langs ons bed terwyl ons bene inni bed lê en verdor… ‘n selfgemaakte droogte, aangevuur: nie deur ‘n God wat buite bereik is nie, maar deur ‘n blinde kreupel gees wat die put vol vars water mis kyk.

Vader strek oop ons vingers en en laat ons lank genoeg stil staan om U woord te lees, en om dit behoorlik in te neem. Laat die mis voor ons geestes oog verdwyn, laat ons brose harte week in U liefde sodat hulle weers soepel en sag kan word… gereed om lief te hê… gereed om onvoorwaardelik lief te wees. Vader deur week dore, lewelose bene met lewendmakend Gees…. Laat ons weer die onuitputbare bron van vars water van U Woord wat langs die bedkassie lê ontdek.

Amen.

die sagte pienk en pers van die sonsopkoms

In Uncategorized on February 13, 2012 at 06:21

Pappie… so baie dankie vir die rustigheid van more. Dankie dat U my oë oopgemaak het sodat ek die sagte pienk en pers van die sonsopkoms kon raak sien…. Die hele naweek en week was ek so besig dat ek nie die skildery wat U elke môre met soveel sorg geverf het, raak gesien het nie.

Dankie Vader vir die bokkies wat vroeg oggend hier voor my kamer venster kom wei en dankie vir die hadidas wat in ;n ry hier lands die swembad afgeloop het…

Here dankie vir die voorreg om te kan woon op ‘n plaas, ‘n rustige wegkruip plekkie waar dit elke aand voel of ons net so wel met vakansie kan wees.
Pappie, U genade is vir ons meer as genoeg. Vader en daarom vra ek U, vergewe ons vir die kere wat ons die lof van mense na jaag, of dit met opset is of nie… n mens raak soms meegevoer deur die lof van mense, ook word ons soms meegevoer deur ons behoefte om deur ander onderskraag te word en erken te word. Vader leer ons om al ons erkenning en al ons ondersteuning en aanvaarding by U te soek.

Amen.

Dank Gebed

In Uncategorized on February 13, 2012 at 05:48

Pappa Vader

Ongelooflik baie dankie vir al die seëninge in ons lewens. Vader dankie vir U liefde en genade en dankie vir die pad wat ons sovêr saam met U geloop het. Vader dankie vir die moeiliker tye, elke oomblik daarvan is ‘n leer skool wat ons op ons knieë hou.

Vader baie dankie vir al die voorregte wat ons geniet. Dankie dat ons aktiewe instrumente in U hand kan wees, dankie dat ons ‘n verskil kan maak. Vader U is ons is genadig, en Vader ek smeek U, hou ons nader aan U o Vader, hou ons teen aan U bors sodat ons kan hoor hoe U hart klop en nie sukkel om U stem te hoor nie.

Vader rig ons dagtake sodat U Naam alleen daardeur vereer kan word.
Ons bid dit Vader nie uit verdienste nie, maar slegs deur genade, en in die Naam van Jesus Christus
Amen.

harte soos diamante…

In Uncategorized on February 13, 2012 at 05:47

Hemel Vader, in Sagaria hoofstuk 7 praat U van ons harte wat ons soos diamante gemaak het, klip hard so sonder lewe. Vader nie net is ons harte verhard teenoor U nie, maar teenoor ons gesinne, ons lewensmaats en ons mede Suid Afrikaners.

Here ons harte verhard wanneer ons besluite neem op ons gevoel. Die siel is so ‘n wispelturige deel van ‘n mens… en dis ‘n kompas wat nie elke dag die selfde rigting wys nie. Wanneer ons gevoel ons rigting wyser is maak ons oorhaastige besluite en sit ons soveel keer met ‘n groter sak probleme as ‘n gevolg van onwyse besluite.

Vader leer ons om eerder op U Gees te vertrou, vervul ons gedagtes, vernuwe ons denke sodat ons Goddelike gedagtes kan bedink. Gedagtes wat geloof nie verdruk nie, gedagtes wat nooit moedeloos is nie…. Gedagtes wat nooit haat koester nie. Vader laat U Woord in ons gedagtes vas steek, laat ons die beloftes van U skrif memoriseer sodat ons in moeilike tye eerder daaraan kan vashou.

Vader haal hierdie hart van klip uit ons binneste, gee vir ons ‘n hart van vles en vervul ons nuwe harte met U Gees.

Vader rig ons dagtake sodat U Naam alleen daardeur vereer kan word.
Ons bid dit Vader nie uit verdienste nie, maar slegs deur genade, en in die Naam van Jesus Christus
Amen.

Gebed vir Suid Afrika

In Uncategorized on February 11, 2012 at 20:08

Vader, in nederigheid roep ek U aan as Adonai, ons Regeerder. Here in hierdie pragtige land het U ons geplaas met ‘n doel. Elkeen van ons wat loop op die ryk grond van Suid Afrika, elkeen van ons het U met ‘n skeppings doel gemaak, vir elkeen van ons het U ‘n droom, ‘n rol wat ons moet vertolk.

Here vandag wil ek kom intree vir ons land, vir Suid Afrika. Vader U weet wat U in gedagte het vir ons land, en U weet watter planne die bose smee om onmin te saai sodat daardie planne in die wiele gery kan word. U weet hoe die duistere magte haat en veragting oor grense heen saai, weet hoe ons land besig is om te verdeel… ons sukkel so om die son oor ‘n ander se akker te laat skyn…..

Vader, as ons Advokaat, verteenwoordig elke Suid Afrikaner teen die ongeregtighede van die verlede. Suid Afrika het ongelukkig ‘n bebloede geskiedenis… so baie bloed het ons grond al deur week, so baie onskuldige bloed is gestort…. Vader bloed wat ons toekoms besmeer, bloed wat as ‘n skeiding tussen ons en die seëninge wat U vir ons wil gee, kom staan.

Vader ons bely dat U klaar die prys vir hierdie bloed en ook vir die bloed wat nog gestort gaan word, betaal het. Vader ons dank U vir U verlossing en U vergifnis. Vader maak ook vergifnis vir mekaar wakker in ons harte sodat die geroep vir meer en meer bloed vanuit die grond van Suid Afrika kan ophou…

Vader ek eer U as ons Balsem, as Jahweh-Rophe… die Een wat ons genees. Vader genees die wonde waarmee elkeen van ons in hierdie land loop. Wonde wat ons self toegedien is, wonder wat ons ‘n ander toegedien het, baie keer uit onkunde, ander kere uit wraak…. Ons wonde sweer en bring net nog meer haat, meer pyn en meer wapens om ander mee te wond na vore.

Vader ons is ‘n gewonde nasie, ons het ‘n geestelike wond wat ons probeer vul met aardse dinge… ons het ‘n Vaderlose generasie wat die leemte van vaderliefde met mag oor ander en met rebellie probeer vul…. Binne in hierdie wonde word daar saad geplant, saad wat wortel skied en wat vrugte dra van korrupsie en diefstal, moord en geweld, onmin en haat…

Vader, Geneesheer, Ons Banier…. Steek U hand uit en raak die wonde van ons land se mense aan… genees ons, en roei die onkruid in elkeen se gees uit, laat daar slegs die Vrugte van U Gees agter bly.

Vader lei ons regeerders, laat hulle ore oopgaan sodat hulle U wyshede kan hoor, eerder as die gegil van voorvader geeste. Vader laat ons land nie vêrder met die bloed van diere aan die gevalle geeste van gewone, gestorwe mense gewei word nie.

Jahweh-Shalom – ons is dankbaar dat U, U Vrede aan ons skenk, ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan…. En terwyl ek op my knieë by U voet bank sit vra U my:

“Kan jy voel hoe die duisternis se broek bewe?
Kan jy hoor hoe al die gelowiges oor kleur en taal grense heen die selfde lied tot eer van My Naam sing?
Kan jy sien hoe al die klein stroompies van gebed een groot magte rivier van geestelike oorlogvoering word?
Kan jy sien hoe My Liefde julle gebrokenheid bedek?

Kan jy sien hoe My Hand beweeg?
Kan jy sien hoe berge verskuif word?
Kan jy sien hoe jonk en oud, oor die grense heen TERUG DRAAI NA MY?

Maak oop die deure!
Laat die Musiek weergalm.
Laat daar in die straat gedans word to My eer!
Laat julle liedere uitbasuin:
liedere wat hoop bring
,liedere wat oorloop van vreugde!
Laat julle voete op die maat van My lofsange
die ongeregtighede van die verlede, die hede en die toekom vertrap!!!”

Jahweh-Tsidkenu, Die Here wat reg aan ons verskaf, Die Here, ons Geregtigheid ons dank U nederig, ons vertrou U nie uit eie krag, maar vanuit U genade gawe van geloof dat U vir ons land die deurbraak sal gee wat ons so nodig het.

Vader laat leiers na vore tree, maak ons leiers wat nie geld of roem of eer na jaag nie… laat ons leierskap eerder hulle ore tot U rig sodat hulle elkeen kan oprig om hulle individuele skeppings doel te vervul, en dan so ook Suid Afrika op die punt te bring waar ons, ons kollektiewe skeppings doel kan verrig.

Vader ons vra dit alles nie uit verdienste nie, maar in die Naam van U Seun, ons Verlosser, Jesus Christus.

Amen!

Wanneer ‘n besige skedule sy tol begin eis.

In Uncategorized on February 10, 2012 at 18:45

Vandag is een vaan daardie dae wat die besige skedule sy tol eis en waar die ongeduldige gogga sy kop begin uitsteek….

En dis absoluut wonderlik hoe die Here al klaar vooraf geweet het, want soos die ongeduld begin borrel, so gee hy vir my Jeremia 17:5: “Vervloek is die wat op die mens vertrou en die mens sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk.” … en dan vers 7: “Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is.”

My baie besige skedule is as gevolg van die voortreflike, oorvloedige en onophoudende genade van die Vader…. Maar saam met al die nuwe verantwoordelikhede kom die leerskool om nie toe te laat dat my hart van die Here afwyk nie… ‘n leerskool wat dit duidelik maak dat mense nie op die mense aan die hoof van jou dagtake staan moet vertrou nie, maar om eerder net op God vertrou.

Dit bly so belangrik dat ons die Here voortdurend vra om aan ons skedules en aan die inhoud van os lewens te skaaf en te snoei…. Om volkome beheer aan hom oor te gee……

Dit is so belangrik om naby aan Hom te bly, want terwyl ons geloof ons nie perfek maak nie, en terwyl dit nie altyd verhoed om sonde te kies nie, is Sy teenwoordigheid rein en heilig en hoe nader ons aan Hom beweeg hoe meer sal sy Heiligheid ons vervul en sal ons meer van die vrug van Sy Gees begin dra. In Sy teenwoordigheid is daar nie plek vir ongeduld nie… ook nie vir die ander vrugte van die vlees nie…. Sy Heiligheid is sterker as die vlees!

Daarom Here my eenvoudige gebed vandag: “Leer my om die kommunikasie lyn tussen U en my oop te hou, leer my en wys my hoe om te midde van my besige skedule na aan U te bly en Here neem U beheer van my skedule sodat daar nie n string onskuldige slagoffers agter my sal bly lê nie.

Amen!

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.