Liza Welsh

Around the World in 80 days

In 80 Dae van Skattejag,Koffietyd on November 2, 2010 at 16:35

My eerste ontmoeting met die bekende Franse skrywer, Jules Verne, was deur ‘n televisie reeks genaamd, Around the World with Willy Fog. Die animasie reeks was gebaseer op Verne se boek Around the World in 80 days (of dan nou Le tour du monde en quatre-vingts jours.)

Die reeks en die boek en die films wat gebaseer is op die boek spreek van soveel avontuur dat geeneen dit kan weerstaan nie. Dit is so maklik om verwronge te raak in Phileas Fogg en sy avontuur en dan ook die struikel blokke op sy pad om betyds terug te keer na London… die avontuur word gekomplimenteer deur ‘n tikkie romanse.

Die afgelope 80 dae van die laaste keer dat ons gesels het, het amper vir my gevoel soos ‘n reis om die wêreld. Jesus het regtig my hand geneem en saam het ons op ‘n skattejag gegaan wat my asem weg geslaan het.

Natuurlik het die vyand sy bes gedoen om ‘n stokkie daarvoor te sit, en daar was tye wat ek voor moet-verloor-se-voorstoep gestaan het. Maar dit is die wonder van die reis en Vader se skerp sin vir humor wat my die heel meeste verbaas het.

In die volgende paar dae sal ek graag die detail van hierdie sirkel, wat Vader so mooi met die volmaakte reënboog sirkel om die son, gister vir my voltooi het, met julle deel.

Vader se skatkis is oneindig, ons kan ons op geen oomblik die breedte, die hoogte of die diepte daarvan indink of dit selfs probeer begryp nie.

En hier waar ek in dankbaarheid vandag staan en huppel en dans kan ek nie wag vir die volgende avontuur om te begin nie !

  1. Wanneer deel jy weer ietsie?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.