Liza Welsh

Honger, Dors en Doof

In Gebede on Mei 16, 2010 at 17:18

Dowwe steek pyne in my buik word duideliker,
Met elke asem, meer en meer onmisbaar…

Voed my met die Brood van Die Lewe, my God
Ek is honger vir U waarheid,
Ek is gretig om hierdie diep holte met Verborge Manna te vul. 

My tong is dik in my mond,
Met elke asem kraak die vel op my lippe meer… 

Verkwik my met die Water van die Lewe, my God
Ek dors na U stem
Ek is gretig om te drink van die lewend makend water uit U hand.

 Die geraas van die wereld dreun in my ore,
Met elke asem slaan my ore stywer toe….

 Raak my ore aan met U heilige hand, my God
Spreek my aan met U donderende stem,
Ek sit geduldig en wag vir U stem in die aand wind.

 Amen.

  1. Ontsaglik mooi! Baie dankie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.