Liza Welsh

Voor jy vrede kan verkry, moet jy genade verstaan.

In Koffietyd on Oktober 28, 2011 at 16:31

Joyce Meyer Ministries se Facebook status het vanoggend gesê dat as jy genade nie verstaan nie, sal jy nooit vrede hê nie.

Eers na ek weer van Josef in Genesis 34 gelees het, en nadat ek gister by my buurvrou koffie gedrink het, dat ek regtig verstaan wat God daarmee vir ons probeer leer.

Hoeveel keer gebeur dit nie dat ons so desperaat raak vir ons eie deur braak, dat ons afgunstig raak op n ander wanneer God hulle gebede beantwoord nie? Hoeveel mense sal met opregtheid vir jou sê dat hulle bly is dat dit goed gaan met jou, al gaan dit nie goed met hulle nie?

Wanneer ons God se genade verstaan, sal ons sien dat genade nie soos die klaskaptein lys werk nie. Jy bid nie net die regte woorde dat jy n witbroodjie word en dan guns geniet nie. Genade is n proses wat toe laat dat ons leer, en ons leer die beste as dit minder goed met ons gaan. Genade is die proses waar God jou grootste nagmerrie vat en dit omskep in die vervulling van n droom.

Ons leer die kinders nou al n geruime tyd dat die enigste verskil tussen mense, God se genade is. En Connel, ons 7 jarige het dit so mooi uitgedruk. Hy deel sy verjaardag met klein Reef Carneson. Reef was tans baie in die media as gevolg van die fondse wat vir sy behandeling benodig word. Connel was baie hartseer omdat hy weens Reef se kondisie, nie vir hom kon gaan kuier vir sy verjaardag nie… Hy was ontsteld oor ander kinders nie na Reef se verjaardag kon gaan nie… Maar toe hy Reef se foto saam met Shrek in Disneyland sien was sy woorde:’ I thought it was unfair that Reef could not have a party, and that made me sad, but God let him go to meet Mickey and Shrek, and that makes me happy! I also want to go to disneyland, but God has not said yes yet, and that makes me sad. But atleast every year I can have all my friends here for a party, and that makes me happy. So maybe life is not so unfair!’

Connel verstaan genade, en dis sulke oomblike wat my herhinner om dankbaar te weer vir elke situasie in ons lewens, al lyk dit op die oog opslag soos n ramp of al voel dit hoe onregverdig.

Gebed is ‘n lewenswyse

In Uncategorized on Oktober 20, 2011 at 20:27

Dit so baie keer dat wanneer ons woorde opdroog en ons so moeg is dat selfs die woorde op die Bybel blad voor ons swem, dat ons op ‘n manier van U afgesny is… ons emosies laat ons so maklik vervreemd van U voel…. En dan wonder bo wonder kom U op die mees onverwagte manier en dan kom raak U aan ons harte met hierdie woorde van bemoediging… woorde wat ons laat onthou: ons is op die regte pad. op die regte plek op die regte tyd,besig met die regte goed…

Gebed is ‘n lewenswyse – deur Ferdinan Deist
Gebed hoef nie altyd ‘n vorm van mooi woorde te hê nie.
Gebed is ‘n lewenswyse. Gebed is om in alle omstandighede bewus te wees van God se teenwoordigheid en om te weet God is vir my. As gebed ‘n lewenswyse is in die voortdurendebewussyn van God se teenwoordigheid, word die lewe self ‘n liturie, ‘n orde van erediens… Om God telkens te sê wat jou lewenservaring is, om dit onomwonde te sê, dit is gebed. Al sê jy dit met ‘n moedelose sug, of ‘n ligte glimlag van blydskap, as jy dit sê en doen in die bewussyn van die teenwoordigheid van God, dan is dit egte gebed…
Gebed kan ons menslikheid ook weer na ons laat terugkeer. Dit kan die ontmensliking van die mens stuit deur te dank. Dit kan die hubris oorkom deur God in te roep in die lewe van elke dag. Dit kan ons weer mense maak wat na die beeld van God geskape is, mense wat die lewe sin kan gee en wat die lewe met uitbundigheid tegemoet kan gaan in die wete dat hierdie lewe die terrein van die handelinge van GOd is. Gebed kan ons weer egte mede-mense maak deurdat dit ons meelewing en medelye kan opskerp en ons kan aanspoor om verantwoordelikheid vir ons naaste te aanvaar.

uitgehonger vir ‘n wonderwerk

In Uncategorized on Oktober 20, 2011 at 19:28

My eie pyn Heer kon ek nog altyd met ‘n brawe gesig hanteer. Tot op my knieë stoei, die stof van my gesig afstof en my oë opslaan, omdat my hulp van die Here kom.

Maar die desperaatheid in sy stem, die vlak transe in sy oë…. Die verslae gees wat na my staar… Here dit kry my onder… Here as U nou wil ingryp sal dit nie te vroeg wees nie, ons is uitgehonger vir ‘n wonderwerk… geduldig en in geloof sal ons op U wag.

Amen.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.